Gaan na inhoud

Portaal:Antieke Egipte

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Wikipedia-portale: Musiek · Letterkunde · Sport · Geografie · Geologie · Geskiedenis · Fisika · Chemie · Biologie · Sterrekunde · Krieket · Rugby · Vlae en wapens

Welkom by die portaal oor Antieke Egipte

Antieke Egipte was die beskawing aan die Nylrivier, waar die hedendaagse Egipte lê, tussen omstreeks 3100 v.C. en die verowering van Egipte deur Alexander die Grote in 332 v.C. Dit was een van die wêreld se ses beskawings wat in die 31ste eeu v.C. onafhanklik ontstaan het, en wel ná die vereniging van Bo- en Benede-Egipte onder die eerste farao. Die geskiedenis van Antieke Egipte strek oor ’n paar stabiele koninkryke: die Ou Ryk van die Vroeë Bronstydperk, die Middelryk van die Middel-Bronstydperk en die Nuwe Ryk van die Laat Bronstydperk. Hulle is afgewissel met tydperke van relatiewe onstabiliteit wat die "Oorgangstydperke" genoem word. Lees verder...


iA26anxwA1A1A1T8wtAswAt
y
N31D54snHrN14G1O1p
n
G35N29D54
Z2
O, lewendes op aarde wat by hierdie portaal kom, kom in!

Sterartikel
Antieke Egipte

Die Dodetempel van Hatsjepsoet (Egipties: Ḏsr-ḏsrw, "Allerheiligste") is 'n dodetempel wat in die tyd van farao Hatsjepsoet van die 18de Dinastie gebou is. Dit is oorkant die stad Luxor geleë en word beskou as 'n meesterstuk van antieke argitektuur.

Die tempel se drie enorme terrasse styg uit bo die woestynbodem tot in die kranse van Deir el-Bahari. Hatsjepsoet se grafkelder, KV20, is in die Vallei van die Konings. Oorkant die Nyl wys die hele struktuur na die monumentale agtste spanmas, Hatsjepsoet se herkenbaarste byvoeging tot die Tempel van Karnak. Die dodetempel se dubbele funksie word deur sy asse geïdentifiseer: Sy hoofas van wes na oos het ten doel gehad om die bark (boot) van Amoen-Re te ontvang tydens die hoogtepunt van die Mooi Fees van die Vallei, terwyl sy as van noord na suid die lewensiklus verteenwoordig van die farao van sy kroning tot sy hergeboorte.

Die tempel is gebou tussen Hatsjepsoet se sewende en 20ste bewindsjaar. Die ontwerp is in 'n groot mate beïnvloed deur die Dodetempel van Mentoehotep II van die 11de Dinastie, wat ses eeue tevore gebou is. Dit is egter heeltemal uniek wat sy kamers en heiligdomme betref. Die hoofas, wat gewoonlik vir die dodekompleks gebruik is, word beslaan deur die heligdom van die bark van Amoen-Re, terwyl die dodekultus van noord na suid geplaas is en die sekondêre as vorm. Apart van die hoofheiligdom lê die heiligdomme vir Hathor en Anoebis op die middelste terras. Die suilegange aan die voorkant van die terras hevat die merkwaardigste reliëfs van die tempel: dié van die ekspedisie na die land Poent en die goddelike geboorte van Hatsjepsoet, die belangrikste deel van haar aanspraak om die troon te beset as lid van die koninklike familie en as 'n goddelike afstammeling.

Die toestand van die tempel het mettertyd agteruitgegaan. Twee dekades ná Hatsjepsoet se dood is verwysings na haar bewind onder leiding van Toetmoses III uitgewis of onregmatige oorgeneem. Die rede is onduidelik. 'n Persoonlike wrok lyk onwaarskynlik, want Toetmoses het eers 20 jaar gewag voor hy opgetree het. Dalk het 'n dispuut tussen die Ahmose- en die Toetmoses-lyn daartoe gelei. In die Amarnatydperk was die tempel weer in gevaar toe Achenaten gelas het dat alle beelde van Egiptiese gode, veral dié van Amoen, vernietig word. Dié skade is eindelik deur Toetankamen, Horemheb en Ramses II herstel. 'n Aardbewing in die Derde Oorgangstydperk het verdere skade aangerig. In die Ptolemeïese tydperk is die heiligdom van Amoen herbou en 'n nuwe suilegang voor die ingang daarvan opgerig. 'n Koptiese klooster is tussen die 6de en 8ste eeu n.C. daar gebou, en beelde van Christus is bo-oor die oorspronklike reliëfs geverf. Die laaste graffito in die tempel kom uit omstreeks 1223.

Die tempel het weer in die moderne annale verskyn toe Richard Pococke, 'n Britse reisiger, dit in 1737 besoek het. Ernstige uitgrawings is egter eers in die 1850's en 1960's onder leiding van Auguste Mariette gedoen. Die tempel is tussen 1893 en 1906 heeltemal uitgegrawe tydens 'n ekspedisie onder leiding van Édouard Naville. Nog werk is van 1911 tot 1936 gedoen deur Herbert E. Winlock en die Metropolitan-kunsmuseum (MMA), en van 1925 tot 1952 deur Émile Baraize en die Egiptiese Oudhedediens. Herstelwerk duur voort en dit is in Maart 2023 vir die publiek oopgestel.

Onderskrif: Hatsjepsoet se tempel. Lees hier meer oor die tempel.

Biografie
Antieke Egipte

Taharqa was ’n farao van Antieke Egipte se 25ste Dinastie en die koning van Koesj (nou in Noord-Soedan). Hy was die seun van Pije, die Nubiese koning van Napata wat Egipte verower het. Hy was ook die neef en opvolger van Sjebitkoe. Die suksesvolle veldtogte van Pije en Sjebitkoe het die weg gebaan vir ’n vooruitstrewende bewind vir Taharqa.

Sommige geleerdes glo Taharqa was dieselfde persoon as die Bybelse Tirhaka, koning van Ethiopië (Koesj), wat oorlog gevoer het teen die Assiriese keiser Sanherib gedurende die bewind van koning Hiskia van Juda (2 Kon 19:9; Jes 37:9). Toe hy omtrent 20 jaar oud was, het hy en die Egiptiese/Koesjitiese leër op Hiskia se versoek die Assiriërs se aantog na Jerusalem gekeer. Sanherib het van sy beleg afgesien en teruggekeer huis toe. So het Taharqa gehelp om Jerusalem en die Hebreeuse gemeenskap van verwoesting te red – ’n kritieke punt in die wêreld- en Hebreeuse geskiedenis.

Die krag van Taharqa se militêre magte het gelei tot ’n tydperk van vrede in Egipte, en die ryk het floreer.

Onderskrif: Taharqa en koningin Takahatamoen by Djebel Barkal.

Sterfoto
Antieke Egipte

Layla Taj as Cleopatra in Wings of Isis, deel van Journey Down the Nile, opgevoer onder beskerming van die Vereniging vir die Egiptiese Kulturele Uitvoerende Kunste.

Het jy geweet?
mn
n
nfrf
r
O24niwt
Memphis (mn nfr)
in hiërogliewe
  • Narmer was die eerste farao nadat hy Bo- en Benede-Egipte in een land verenig het.
  • Die bekende Cleopatra was die laaste farao voordat Egipte ’n provinsie van die Romeinse Ryk geword het.
  • Die Antieke Egiptenare het Egipties gepraat. Vandag is die land se amptelike taal Arabies.
  • Memphis was eeue lank die grootste stad ter wêreld.
  • Die stelsel waarvolgens die historikus en priester Manetho die farao's in die 3de eeu v.C. in 31 dinastieë ingedeel het, word vandag nog gebruik.

Mitologie
Antieke Egipte

Egiptiese mitologie is die versameling mites van Antieke Egipte wat die optrede van die Egiptiese gode beskryf as ’n manier om die wêreld te verstaan. Mites verskyn dikwels in antieke geskrifte en kuns, veral in godsdienstige materiaal soos gesange, rituele tekste, begrafnistekste en tempelversierings. Dié bronne bevat selde ’n volledige weergawe van ’n mite en beskryf dikwels net ’n kort deel daarvan.

Mites speel af in die vroegste tye en bepaal die patroon vir die siklusse van die hede. Huidige gebeure herhaal die gebeure in die mites en hernu so maät, die basiese orde van die heelal. Van die belangrikste episodes van die mitiese verlede is die skeppingsmites waarin die gode die heelal uit ’n oerchaos vorm; die verhale van die bewind van die songod, Ra, op aarde; en die Osiris-mite oor die gevegte van die gode Osiris, Isis en Horus teen die ontwrigtende god Set. Gebeure in die teenswoordige tyd wat as mites beskou kan word, is Ra se daaglike reis deur die wêreld en die ander kant van die wêreld, die Doeat. Herhalende temas in die mites sluit in die konflik tussen die handhawers van maät en die magte van wanorde, die belangrikheid van die farao om maät te handhaaf en die voortdurende dood en opwekking van die gode.

Mitologie het die Egitiese kultuur in ’n groot mate beïnvloed. Dit het baie godsdienstige rituele geïnspireer of beïnvloed en die ideologiese basis geskep vir koningskap. Tonele en simbole uit mites het in graftombes, tempels en op juweliersware verskyn. In die letterkunde is mites of elemente daarvan gebruik in ’n groot verskeidenheid verhale.

Van die artikels oor mitologie op die Afrikaanse Wikipedia:

Gode: AmoenAnoebisAnoeketApepApisAtenAtoemBastetBesChepriChnoemChonsoeGebHapiHathorHeqetHorusIsisMaahesMafdetMeschenetMinMoetMontoeNechbetNefertemNeithNephthysNoeNoetOsirisPtahRaRaet-TawySatetSechmetSekerSerketSesjatSetSjoeSobekTaweretTefnoetThothVier seuns van HorusWadjetWepwawetGeskrifte: AmdoeatBoeke van AsemhalingBoek van die AardeBoek van die DooiesBoek van GrotteBoek van PoorteEnigmatiese Boek van die OnderwêreldAnder: DoeatEgiptiese mitologieEgiptiese sielEnneadMaätMondopeningseremonieNege boëOerheuwelOog van HorusOog van Ra

Meer oor die mitologie van Egipte

Skryfstelsel

Egiptiese hiërogliewe was ’n amptelike skryfstelsel wat deur die Antieke Egiptenare gebruik is. Dit het logografiese en alfabetetiese elemente gekombineer. Kursiewe hiërogliewe is gebruik vir godsdienstige geskrifte op papirus en hout.

Verskeie geleerdes glo Egiptiese hiërogliewe het ontstaan ’n rukkie ná die Soemeriese skrif en is waarskynlik daardeur beïnvloed, hoewel dit onseker is of dit wel die geval was.

Die woord "hiëroglief" kom van die Griekse byvoeglike naamwoord ἱερογλυφικός (hieroglyphikos), ’n samestelling van ἱερός (hierós, "heilige") en γλύφω (glýphō, "ek kerf/graveer"). Dit is weer ’n leenwoord van Egiptiese mdww-nṯr (medoe-netjer, "God se woorde"). Die gliewe self is genoem τὰ ἱερογλυφικὰ γράμματα (tà hieroglyphikà grámmata, "die heilige gegraveerde letters").

Hiërogliewe bestaan uit drie soorte: fonetiese gliewe wat enkelkonsonante insluit en dus ooreenstem met ’n alfabet, logogramme wat morfeme voorstel en determinatiewe (bepalers) wat die betekenis van die logogramme of fonetiese woorde duideliker maak.

Teen die 4de eeu kon min Egiptenare hiërogliewe lees en die algemene gebruik daarvan het afgeneem ná die sluiting van alle nie-Christelike tempels in 391 v.C. deur die Romeinse keiser Theodosius I. Die laaste bekende inskripsie is uit 394 v.C.

Voorbeelde van hoe determinatiewe woorde kan verander:

  • nfrwA17Z3
    nfrw (w en die drie strepe dui die meervoud aan: (letterlik) "die mooi jong mense", dus die jong militêre rekrute. Die woord het ’n jongmens-determinatief:
    A17
    wat jongmense, kinders en babas aandui;
  • nfrf&r&t B1
    nfr.t (.t is hier die agtervoegsel vir die vroulik): "die hubare jong vrou", met
    B1
    as die determinatief vir ’n vrou;
  • nfrnfrnfrpr
    nfrw (die driedubbele karakter dui die meervoud aan: "fondamente (van ’n huis)", met die huis as determinatief,
    pr
    ;
  • nfrf
    r
    S28
    nfr: "klere", met
    S28
      as die determinatief vir stroke materiaal;
  • nfrW22
    Z2ss
    nfr: "wyn" of "bier", met ’n kruik
    W22
      as determinatief.

Soms is farao's se name in ’n cartouche geskryf – die raam het sy naam beskerm, is geglo:

<
q
E23
iV4p
d
r
At
H8
>

(Cleopatra se naam)

Meer oor die hiërogliewe en ander Egiptiese skryfstelsels . . .

Mummies
Antieke Egipte

’n Mummie is ’n gestorwe mens of dier waarvan die vel en organe bewaar gebly het vanweë óf ’n doelbewuste óf ’n toevallige blootstelling aan chemikalieë, uiterse koue, baie lae humiditeit of ’n gebrek aan lug, in so ’n mate dat die ligaam nie verder sal ontbind wanneer dit uitgehaal en op ’n koel, droë plek bewaar word nie. Sommige owerhede beperk die woord tot liggame wat doelbewus met chemikalieë gebalsem is, maar die gebruik van die woord vir liggame wat toevallig behoue gebly het, dateer uit minstens 1615.

z
a
H
Mummie (sˁḥ)
in hiërogliewe

Mummies van mense en diere is al op elke kontinent gevind, beide vanweë ’n doelbewuste en toevallige bewaring. Meer as ’n miljoen dieremummies is in Egipte ontdek – baie van hulle katte.

Benewens die bekende mummies van Antieke Egipte, het doelbewuste mummifisering in verskeie kulture in Suid-Amerika en Asië voorgekom, in dele wat ’n baie droë klimaat het. Die oudste bekende liggaam wat doelbewus gemummifiseer is, is van ’n kind wat in die Camarones-vallei in Chili ontdek is; dit dateer uit omstreeks 5050 v.C. Die oudste bekende natuurlike mummie is ’n afgekapte kop wat sowat 6 000 jaar oud is; dit is in 1936 ontdek, ook in Suid-Amerika.