Benede-Egipte
Voorkoms
Benede-Egipte (Arabies: مصر السفلى, Maṣr el-sofla) is die noordelikste streek van Egipte: die vrugbare Nyldelta tussen Bo-Egipte en die Middellandse See. Dit sluit die hedendaagse Egiptiese hoofstad, Kaïro, in.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Benede-Egipte was in die tyd van Antieke Egipte bekend as Ta-Mehoe, "Land van die Papirus". Dit was verdeel in 20 nomosse (distrikte); die eerste nomos was el-Lisjt. Die streek se simbole was die rooi desjret-kroon, die papirus en die by.
Die hoofstad van Benede-Egipte was Memphis.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Benede-Egipte.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia