Is werksaam as 'n navorser/analis maar weens die Engelsingesteltheid van die werksomgewing besef ek nou hoe verroes my geskrewe Afrikaans geword het. Die filosofie van Wikipedia is suiwer en die bou van 'n oop toeganklike digitale kennisbasis in Afrikaans is 'n noodsaaklikheid vir die voortbestaan van die taal. Die globalisering plaas kleiner tale onder toenemende druk en forseer 'n mono-taalkultuur op veral die besigheids- en akademiese wêreld af. Tog bied die tegnologie en spesifiek die digitale rewolusie unieke geleenthede vir hierdie tale en hoewel dit duidelik is dat Afrikaans nog maar in die kinderskoene is om dit te benut glo ek dat Wikipedia ‘n besonderse geleentheid aan Afrikaansprekendes bied om ‘n bydra te maak. Die positiewe betrokkenheid van Nederlandsprekendes sowel as andertaliges by die Afrikaanse Wikipedia illustreer ook tot watter mate die globalisasie tog geleenthede en kennisstrukture kan bied om terselfdetyd uniekheid en eenheid van ons wêreld te bevorder.


Wikipedia Bydraes

Alhoewel ek die Engelse en later Afrikaanse Wikipedia 'n tyd gelede ontdek het en gebruik gemaak het van veral die Engelse Wikipedia, het ek sedert Mei 2005 begin om bydraes te maak eers ten opsigte van filosowe en later ten opsigte van artikels voortspruitend uit "Hierdie dag in die geskiedenis"-gedeeltes of enigiets geskiedkundig of reisverwante inligting wat my belangstellig geprikkel het. Meeste van die artikels wat ek self skep, word vertaal uit bestaande Wikipedia Engelse en Nederlandse artikels, soms met byvoegings uit Wikipedia se Duitse artikels of ander bronne.

Filosowe

Hannah ArendtEdmund HusserlThomas KuhnHerbert SpencerLeo ApostelDie Leo Apostel Sentrum vir Interdissiplinêre Studies (CLEA)Albert CamusColin McGinnDaniel DennettRichard RortyHarry KuitertJohn NormanHerbert SpencerRudolf CarnapIvan IllichKarl MarxKarl PopperEmmanuel LevinasAyn Rand


Hierdie dag in die geskiedenis verwant

Operasie EntebbeLouis BlériotKolonel 'Mad Mike' HoareAaron BurrAlan TuringAlexander HamiltonFaisal II van IrakNikolaas II van RuslandSlag van Falkirk (1298)Slag van MohácsMaankarretjieGeorge Lincoln RockwellJim MorrisonPlan de Sánchez slagtingUSS ConstitutionRoemeliëseRoger CasementRainbow WarriorSuleiman die ManjifiekeNoordelike AlliansieIan SmithAung San Suu KyiChris BarnardHoward HughesKliptownLeila KhaledLouis WashkanskyManfred von RichthofenMark ShuttleworthmiljoendollartuisbladPietro BadoglioWilliam GoldingVryheidsmanifesCharles DarwinYstergordynBlitsskare

Ander

Karl-Marx-HofAndy WarholAnton RupertArthur C. ClarkeBarry BuzanDan BrownDavid Kuijersdel.icio.usDenise DarvallDwaalboekeElon MuskGestapoIngrid JonkerIsaac AsimovJohann RupertKlapvliegtuigSayeret MatkalWebjoernaalEkserpteboekeTechnoratiTerugspoorXu JingleiwebjoernaalsfeerGert Vlok NelMeemDatavleg (Internet)KrugerhuisZheng HeYochai BenklerDistopieBurgery gebaseerde eweknieproduksieDeon MeyerTim O'ReillyJimmy Wales