Hannah Arendt
Hannah Arendt (14 Oktober 1906 - 4 Desember 1975) was 'n Amerikaanse politieke teoretikus van Duitse afkoms. Sy word gereken as 'n filosoof maar het self die beskrywing verwerp.
Hannah Arendt | |
Hannah Arendt in 1958
| |
Geboortenaam | Johanna Cohn Arendt |
---|---|
Gebore | Linden, Duitse Keiserryk (tans Hannover, Duitsland) | 14 Oktober 1906
Oorlede | 4 Desember 1975 (op 69) New York Stad, Verenigde State |
Nasionaliteit | Nazi-Duitsland (tot 1937) Verenigde State (sedert 1951) |
Vakgebied | Politieke teorie, moderniteit, filosofie van die geskiedenis |
Alma mater | Universiteit van Marburg Universiteit van Heidelberg |
Beïnvloed deur | Sokrates, Bernard Lazare, Augustinus van Hippo, Immanuel Kant, Martin Heidegger, Karl Jaspers, Walter Benjamin |
Invloed op | Giorgio Agamben, Seyla Benhabib, Elisabeth Young-Bruehl, Mario Kopić, Julia Kristeva |
Webblad | www.hannaharendtcenter.org |
Haar ouers was sekulêre Jode. Sy is gebore in Linden (vandag deel van Hannover) en het grootgeword in Königsberg (Russies: Kaliningrad) en Berlyn. Arendt het filosofie bestudeer met Martin Heidegger aan die Universiteit van Marburg. Sy het 'n lang en afgebroke romantiese verhouding gehad met Heidegger. Gedurende een tydperk wat sy haar verhouding met Heidegger verbreek het, het sy na Heidelberg getrek met die doel om 'n verhandeling te skryf oor die liefdeskonsep in die denke van Sint Augustinus van Hippo, onder die leiding van die eksistensialistiese filosoof-sielkundige Karl Jaspers.
Die verhandeling is gepubliseer in 1929, maar Arendt was nie in 1933 toegelaat om aan Duitse universiteite klas te gee nie omdat sy 'n Jodin was. Daarna het sy uit Duitsland gevlug na Parys waar sy die werk van die literêre kritikus en Marxistiese denker Walter Benjamin leer ken het. Terwyl sy in Frankryk was het sy ten bate van Joodse vlugtelinge gewerk. Met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog en die Duitse inval in Frankryk het Hannah gevlug uit Frankryk. In 1940 het sy met die Duitse digter en filosoof Heinrich Blücher getrou. Hannah Arendt het met haar gade en moeder geëmigreer na die Verenigde State met die hulp van die Amerikaanse joernalis Varian Fry. Sy het aktief binne die Duits-Joodse gemeenskap in New York geword en het vir die weeklikse publikasie, Aufbau geskryf.
Na die Tweede Wêreldoorlog het sy weer met Heidegger kontak gemaak en het getuig namens hom in 'n Duitse denazifiseringsverhoor.
Arendt se werk fokus op die aard van mag, politiek, gesag en totalitarisme. In haar rapportering oor die Eichmann-verhoor vir The New Yorker, wat sy later verwerk het vir die boek Eichmann in Jerusalem, het sy die vraag gestel of boosheid radikalisme is of eenvoudig 'n funksie van banaliteit is. Sy het ook The Origins of Totalitarianism geskryf wat die oorsprong van kommunisme en fascisme en hul band met anti-semitisme ondersoek. Hierdie boek was kontroversieel omdat dit twee onderwerpe verbind wat volgens sommige menings onversoenbaar is.
Na haar dood in 1975, is Hannah Arendt begrawe by die Bard College in Annandale-on-Hudson, New York, waar haar eggenoot vir jare klas gegee het.
Die Hannah Arendt Instituut vir Navorsing oor Totalitarisme aan die Tegniese Universiteit van Dresden is na haar vernoem.
Geselekteerde werke
wysig- The Origins of Totalitarianism (1951)
- Rahel Varnhagen: The Life of a Jewish Woman (1958)
- The Human Condition (1958)
- Between Past and Future (1961)
- On Revolution (1963)
- Eichmann in Jerusalem: A Report on the Banality of Evil (1963)
- Men in Dark Times (1968)
- The Jew as Pariah: Jewish Identity and Politics in the Modern Age; Edited by Ron H. Feldman (1978)
- Life of the Mind (1978)
Wikimedia Commons bevat media in verband met Hannah Arendt. |