Sporades
Voorkoms
Die Sporades of Noord-Sporades (Grieks: Βόρειες Σποράδες, vories spoˈraðes; Latyn: Vóries Sporádhes) is 'n argipel aan die ooskus van Griekeland, noordoos van die eiland Euboea,[1] in die Egeïese See. Die argipel bestaan uit 24 eilande, waarvan vier permanent bewoon word: Alonnisos, Skiathos, Skopelos en Skyros.[1]
Etimologie
[wysig | wysig bron]"Sporades" beteken "verstrooide" (vergelyk met die woord "sporadies"). Van die Klassieke Oudheid af verwys die naam na die Egeïese eilande buite die sentrale argipel, die Kuklades.
Geografie
[wysig | wysig bron]In die moderne geografie is daar vyf groepe Sporades:
- Thessaliese Sporades (Θεσσαλικές Σποράδες) of Noord-Sporades. Van omstreeks 1960 af verwys die term "Sporades" hoofsaaklik na dié eilande:
- Skopelos
- Alonnisos
- Skiathos
- Skyros
- Kyra Panagia
- Peristera
- Gioura
- Skantzoura
- Piperi
- Tsougria
- Thrakiese Sporades (Θρακικές Σποράδες): Thasos, Samothrace, Imbros, Lemnos en Agios Efstratios
- Wes-Sporades (Δυτικές Σποράδες): Salamis, Aigina, Poros, Hydra, Spetses en ander
- Oos-Sporades (Ανατολικές Σποράδες): die eilande van die Oos- en Noordoos-Egeïese See, naby die kus van Klein-Asië: Samos, Ikaria, Lesbos, Chios, Tenedos, Psara, Oinousses en ander kleiner eilandgroepe
- Suid-Sporades (Νότιες Σποράδες): Dodekanesos
Administrasie
[wysig | wysig bron]Die streekseenheid Sporades (Περιφερειακή Ενότητα Σποράδων) word in drie munisipaliteite verdeel:[2]
- Skiathos
- Skopelos
- Alonnisos
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 "Skyros - Britannica Concise" (beskrywing), Britannica Concise, 2006, webtuiste: EB-Skyros
- ↑ "ΦΕΚ A 87/2010, Kallikratis reform law text" (in Grieks). Government Gazette.
Skakels
[wysig | wysig bron]- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.