Gaan na inhoud

Spaanse Armada

Koördinate: 50°10′00″N 4°15′42″W / 50.16667°N 4.26167°W / 50.16667; -4.26167
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spaanse Armada
Deel van die Anglo-Spaanse Oorlog en die Tagtigjarige Oorlog

Oorwinning oor die Spaanse Armada, deur Philip James de Loutherbourg.
Datum 8 Augustus 1588
Ligging Noordwestelike Europa
Resultaat Spaanse nederlaag
Strydende partye
Vlag van Engeland Engeland
Nederland
Iberiese Unie
Aanvoerders
Vlag van Engeland Lord Howard van Effingham
Vlag van Engeland Francis Drake
Vlag van Engeland John Hawkins
Justinus van Nassau
Hertog van Medina-Sidonia
Sterkte
34 oorlogskepe
163 gewapende handelskepe
22 galjoene
108 gewapende handelskepe

Die Spaanse Armada was 'n vloot oorlogskepe wat Spanje in 1588 teen Engeland uitgestuur het, en wat deur die Engelse vloot verslaan is. Vandag word die woord armada soms gebruik om na enige groot groep skepe te verwys.[1]

Gebeure

[wysig | wysig bron]

Die Spaanse Armada het uit 130 skepe bestaan wat in Augustus 1588 vanaf die Spaanse stad A Coruña vertrek het. Die Armada was onder beheer van die hertog van Medina-Sidonia. Hulle doel was om 'n leër vanaf Vlaandere na Engeland te begelei. Hulle wou die heerskappy van koningin Elizabeth I van Engeland en die Huis van Tudor omverwerp om Protestantisme in Engeland te vestig. Dit sou Engelse inmenging in die Spaanse Nederlande stopsit, asook die skade wat Engeland aan Spaanse belange aangerig het, inperk.

Roete van die Spaanse Armada

Lord Howard van Effingham was in bevel van die Engelse vloot, terwyl sir Francis Drake tweede in bevel was. Drake was besig om rolbal te speel toe die Armada sy verskyning maak. Blykbaar het hy daarop aangedring om eers sy spel te voltooi, omdat daar volgens hom genoeg tyd was om die Armada te verslaan.

Die Armada kies om nie die Engelse vloot by Plymouth aan te val nie. Nádat 'n Spaanse skip deur Drake in die Engelse Kanaal vasgevang is, versuim hulle om tydelik anker in die Solent (die seestraat tussen Engeland en die Eiland Wight) te gooi, maar gooi uiteindelik by Calais anker.[2] Terwyl hulle op kommunikasie van die hertog van Parma se weermag wag, is die Armada deur vuurbote aangeval. Tydens die daaropvolgende Slag van Gravelines is die Spaanse vloot beskadig en moes dit as gevolg van 'n Nederlandse blokkade hul rendezvous met Parma se weermag aflas.

Die Spaanse Armada en Engelse skepe in Augustus 1588, deur 'n onbekende skilder.

Die Armada kon daarin slaag om te hergroepeer en met behulp van 'n suidwestelike wind na die noorde te onttrek, met die Engelse vloot kort op hul hakke. Die bevelvoerder beveel dat hulle na Spanje terugkeer, maar die Armada is deur erge storms in die Noord-Atlantiese Oseaan geteister. As gevolg hiervan het 'n groot aantal skepe aan die kus van Skotland en Ierland vergaan. Van die aanvanklike 130 skepe het meer as 'n derde dit nie tot by Spanje terug gemaak nie.[3]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. "The Safeguard of the Sea, A Naval History of Britain, 660-1649", N. A. M. Rodgers, Penguin, 2004, p 263-269
  3. John A. Wagner (2010). Voices of Shakespeare's England: Contemporary Accounts of Elizabethan Daily Life: Contemporary Accounts of Elizabethan Daily Life. ABC-CLIO. p. 91.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

50°10′00″N 4°15′42″W / 50.16667°N 4.26167°W / 50.16667; -4.26167