Potchefstroom
Potchefstroom | |
---|---|
Stad | |
Potchefstroom se stadsaal | |
Byname: Potch | |
Leuse(s): Stad van Deskundigheid Motswe Wa Boitseanape City of Expertise | |
Koördinate: 26°42′S 27°05′O / 26.700°S 27.083°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noordwes |
Distrik | Dr. Kenneth Kaunda |
Munisipaliteit | JB Marks |
Stigting | 1838 |
Regering | |
• Gestig deur | Hendrik Potgieter |
Oppervlak | |
• Totaal | 185,4 km2 (71,6 vk. myl) |
Hoogte | 1 350 m (4 430 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 149 230 |
• Digtheid | 805/km2 (2 080/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 20,7% |
• Indiërs/Asiërs | 1,0% |
• Bruin mense | 7,1% |
• Swart mense | 70,7% |
• Ander | 0,4% |
Taal (2011) | |
• Tswana | 41,1% |
• Afrikaans | 27,9% |
• Suid-Sotho | 10,9% |
• Xhosa | 9,5% |
• Ander | 10,6% |
Poskode (strate) | 2520 |
Poskode (posbusse) | 2520 |
Skakelkode | 018 |
Webwerf | http://www.potch.co.za/ |
Potchefstroom is 'n stad in die Noordwesprovinsie van Suid-Afrika. Dit was die tweede oudste dorp in die ou Transvaalprovinsie naas die naburige Klerksdorp. Dit is in November 1838 deur Voortrekkerleier Hendrik Potgieter aan die oewers van die Mooirivier gestig. Die stad staan ook as die "Stad van Deskundigheid" bekend. Dit beslaan 2 573 km² en het 162 762 inwoners (munisipaliteit 2011).[2] Dit is 'n handel- en nywerheidsentrum vir die omliggende land- en mynboustreek. Potchefstroom is 120 km wes-suidwes van Johannesburg.
Naamsverandering
[wysig | wysig bron]Daar was 'n poging deur die ANC-beheerde munisipale owerheid om die dorp se naam na Tlokwe te verander, maar baie inwoners het in opstand gekom teen die besluit – hierdie opstand is deur die organisasie Aksie Potchefstroom gelei. Die stadsraad staan tans bekend as JB Marks Plaaslike Munisipaliteit, nadat dit in 2016 met Ventersdorp saamgesmelt het.
Universiteit
[wysig | wysig bron]Potchefstroom is 'n groot akademiese dorp. Die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, wat in 1869 op Burgersdorp gestig is, is in 1905 na Potchefstroom verskuif. In 1919 het "Het Potchefstroom Universiteitskollege voor Christelike Hooger Onderwijs" ontstaan uit die Literariese Departement van die Teologiese Skool. In 1951 is die PUK erken as 'n selfstandige universiteit wat bekend sou staan as die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO).
Die PU vir CHO het in 2004 met die University of the Northwest in Mahikeng saamgesmelt om die Noordwes-Universiteit te word en sou voortaan bekend staan as die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit. Hierdie multikampus en multidiverse universiteit het tot stand gekom nadat die regering verreikende veranderings in tersiëre onderwys aangebring het en wetgewing deurgevoer het wat die aantal tersiêre inrigtings in die land verminder het.
Die Potchefstroomkampus het 33 000 studente.
Die universititeit met sy groot aantal studente speel 'n belangrike rol in die dorp se bestaan en gee aan Potchefstroom sy universiteitsdorp-karakter.
Woonbuurte
[wysig | wysig bron]Potchefstroom se woonbuurte sluit die volgende in:
- Grimbeeckpark – langs die gholfbaan, tussen die Paryspad (R53) en die Mooirivier.
- Oewersig – langs die Mooirivier, langs die Universiteit se sportterrein en die R501.
- Dam Omgewing – langs die Potchefstroom Dam
- Mooivalleipark – langs die R501
- Van der Hoffpark – tussen die N12 en die PUK sportterrein.
- Die Bult – langs die PUK.
- Bailiepark – tussen die N12 en R53
- Miederpark – suid van die N12, en wes van die Mooirivier.
- Kannonierspark – Tussen die R53 en die spoorlyn, suid van die Mediclinic Hospitaal.
- Bult-Wes
- Bult-Oos
- Dassierand – (aan die westekant van Potchefstroom) wes van die R53 na Ventersdorp
Jool
[wysig | wysig bron]Dit is 'n jaarlikse optog ten bate van liefdadigheid waar al die eerstejaars van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit, in hul koshuisverband, deur die strate van die dorp loop met vlotte wat hulle self gebou en versier het.
Aardklop
[wysig | wysig bron]Die Aardklop Nasionale Kunstefees word jaarliks aan die einde van September in Potchefstroom aangebied.
Trivia
[wysig | wysig bron]- Die N12 nasionale pad gaan deur Potchefstroom.
- 'n Hoenderras, die Potchefstroom Koekoek, is vernoem na die stad.
- Potchefstroom is die oudste distrik in die "trans-vaal", die gebied noord van die Vaalrivier.
- Tydens die Krieketwêreldbeker 2003 is Potchefstroom se Senwespark vir drie wedstryde ingespan.
- Die stad het verskeie museums, insluitend die Andries Bisschiff Geologiemuseum, die Mildred van der Merwe-Radloff-museum (albei op die universiteitskampus), die Potchefstroom-museum, die Goetz-Fleischack-museum, die Andries Pretorius-museum en die Totius-huismuseum.
- Die eikelaan met meer as 700 bome en wat meer as 7 km lank is (dit strek van Potchefstroomdam in die noorde van die stad tot by die Landboukollege in die suide van die stad), is ’n nasionale erfenis.
- Die stad huisves die O.P.M. Prozesky-voëlreservaat wat oor 70 hektaar strek.[3]
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Bezuidenhout-voorval, belastingverset en uitbreek van die Eerste Vryheidsoorlog.
- Gereformeerde kerk Cachet
- Gereformeerde kerk Noordbrug
- Gereformeerde kerk Potchefstroom
- Gereformeerde kerk Potchefstroom-Die Bult
- Gereformeerde kerk Potchefstroom-Mooirivier
- Gereformeerde kerk Potchefstroom-Noord
- Gereformeerde kerk Potchefstroom-Oos
- Gereformeerde kerk Potchefstroom-Suid
- Lys van dorpe in Suid-Afrika
- NG gemeente Eerste Vesting
- NG gemeente Potchefstroom
- NG gemeente Potchefstroom-Die Bult
- NG gemeente Potchefstroom-Grimbeekpark
- NG gemeente Potchefstroom-Miederpark
- NG gemeente Potchefstroom-Mooirivier
- NG gemeente Potchefstroom-Noord
- NG gemeente Potchefstroom-Oos
- NG gemeente Potchefstroom-Vyfhoek
- NG gemeente Potchefstroom-Wes
- NG gemeente PUK-Kandelaar
- Potchefstroom (kiesafdeling)
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 Som van die hoofplekke Mooivallei Park, Potchefstroom, Ikageng, Promosa en Mohadin tydens die 2011-sensus.
- ↑ Sensus 2011, Statistiek Suid-Afrika p.11 NW402: Tlokwe City Council[dooie skakel]
- ↑ SA-Venues en Pathfinda Geargiveer 7 Oktober 2019 op Wayback Machine
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Potchefstroom. |