Outjo
Outjo | |
---|---|
'n Lugbeeld van Outjo in 2018 | |
Koördinate: 20°06′32″S 16°09′17″O / 20.10889°S 16.15472°O | |
Land | Namibië |
Streek | Kunene |
Kiesafdeling | Outjo |
Regering | |
• Burgemeester | Kleophas Geingob |
Bevolking | |
• Totaal | 6 013 |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Outjo (Herero: klein koppe) is 'n dorp met 6 000 inwoners in die Kunene-distrik van Namibië. Dit is die setel van die Outjo-kiesafdeling in die distrik. Die dorp is bekend as 'n belangrike poort na die Etosha Nasionale Park.[1]
Outjo is in 1897 deur die Duitsers onder bevel van kol. Theodor von Leutwein as 'n militêre basis gestig. Die doel hieragter was om die noordelike gebied van Duitswes-Afrika verder te verken. Die plaaslike historiese museum (Franke Haus Museum) dokumenteer die veldtog van majoor Victor Franke deur Ovamboland.
Die "Impalila-monument" gedenk die strafekspedisie van majoor Victor Franke in Oktober 1914 teen die Portugese fort van Impalila in Angola.[2] Dit volg nadat 'n Duitse afvaardiging wat gestuur is om 'n verdrag van nie-aggressie te onderhandel vermoor is.
Die dorp lê naby die Gamkarab-grot, wat bekend is vir sy stalaktiete, stalagmiete en sy pietersiet (stormsteen). Die grotte is op privaat grond en dus nie oop vir die publiek nie.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Outjo – town in Namibia" (in Engels). namibweb.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 September 2019. Besoek op 27 September 2011.
- ↑ Cassidy, Joseph (2009). Place Names of Namibia A Historical Dictionary. Windhoek: Macmillan Education Namibia Publishers (Pty) Ltd. p. 87. ISBN 978-99916-0-654-5.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Outjo.
- http://www.outjo-namibia.com/ Geargiveer 7 Oktober 2011 op Wayback Machine
- http://www.outjomunicipality.com/ Geargiveer 23 Junie 2013 op Wayback Machine
- Inligting oor Privaatskool Moria Geargiveer 11 Maart 2016 op Wayback Machine