Gaan na inhoud

John Magufuli

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
John Magufuli
John Magufuli
John Magufuli in 2015

Ampstermyn
5 November 2015 – 17 Maart 2021
Vise Samia Suluhu
Eerste minister Kassim Majaliwa
Voorafgegaan deur Jakaya Kikwete
Opgevolg deur Samia Suluhu

Ampstermyn
17 Augustus 2019 – 17 Augustus 2020
Voorafgegaan deur Hage Geingob
Opgevolg deur Filipe Nyusi

Minister van Arbeid, Vervoer en Kommunikasie
Ampstermyn
28 November 2010 – 5 November 2015
Eerste minister Mizengo Pinda
Voorafgegaan deur Shukuru Kawambwa
Opgevolg deur Makame Mbarawa
Ampstermyn
November 2000 – 21 Desember 2005
Eerste minister Frederick Sumaye
Opgevolg deur Basil Mramba

Minister van Lewendehawe en Visserye-ontwikkeling
Ampstermyn
13 Februarie 2008 – 6 November 2010
Eerste minister Mizengo Pinda
Voorafgegaan deur Anthony Diallo
Opgevolg deur David Mathayo David

Minister van Grond en Menslike Nedersetting
Ampstermyn
6 Januarie 2006 – 13 Februarie 2008
Eerste minister Edward Lowassa
Opgevolg deur John Chiligati

Parlementslid
Ampstermyn
November 1995 – Julie 2015

Persoonlike besonderhede
Gebore John Pombe Joseph Magufuli
(1959-10-29)29 Oktober 1959
Chato, Tanganjika (nou Tanzanië)
Sterf 17 Maart 2021 (op 61)
Dar-es-Salaam, Tanzanië
Politieke party CCM
Eggenoot/-note Janeth Magufuli
Kind(ers) 7
Alma mater Universiteit van Dar-es-Salaam

Militêre Diens
Lojaliteit Vlag van Tanzanië Tanzanië
Diens/Tak Nasionale Diens
Jare in diens 1983–1984

John Joseph Pombe Magufuli (29 Oktober 195917 Maart 2021) was 'n Tanzaniese politikus wat van 2015 tot 2021 as die vyfde president van Tanzanië gedien het. Hy was ook die voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap.

Hy is eers in 1995 verkies as 'n parlementslid, en dien in 1995 in die kabinet van Tanzanië as adjunkminister van arbeid, Minister van arbeid van 2000 tot 2006, Minister van Grond en Menslike Nedersetting van 2006 tot 2008, Minister van Lewendehawe en Visserye-ontwikkeling van 2008 tot 2010 en as Minister van Arbeid vir die tweede keer van 2010 tot 2015.

Hy was 'n kandidaat van die regerende party in Tanzanië (CCM) en wen die presidensiële verkiesing in Oktober 2015 en is op 5 November 2015 ingesweer. Magufuli se presidentskap is gekenmerk deur die fokus op die vermindering van regeringskorrupsie en besteding en ook om in nywerhede te belê.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]