in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Kalenders
Kamala Harris en Joe Biden
Die jaar 2021 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 21ste jaar van die 21ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
1 Januarie – Portugal neem die voorsitterskap van die Europese Unie by Duitsland oor.
6 Januarie – Gewapende aanhangers van die uitgaande president Donald Trump bestorm die Amerikaanse Kapitool in Washington, D.C.
10 Januarie – Kim Jong-oen van Noord-Korea word verkies tot Sekretarisgeneraal van die Werkersparty van Korea, 'n titel wat sy oorlede vader Kim Jong-il voorheen gedra het.
20 Januarie – Die Demokraat Joe Biden word as 46ste President van die Verenigde State van Amerika ingehuldig, terwyl Kamala Harris as 49ste adjunkpresident ingehuldig word.
1 Februarie – Sol-Tech se nuwe kampus in Monument Park , Pretoria, open sy deure vir studente.
17 Maart – Verkiesing van die Nederlandse Tweede Kamer van die Stategeneraal .
23 Maart – Verkiesings vir die 24ste Knesset in Israel .
2 April – Paasfees .
7 Mei – Misuzulu Zulu volg sy oorlede vader Goodwill Zwelithini kaBhekuzulu op as Zoeloekoning .
7 Mei – Die Colonial Pipeline-kuberaanval vind plaas, wat op daardie stadium die grootste kuberaanval op 'n olie-infrastruktuur-teiken in die geskiedenis van die Verenigde State was.
13 Mei – Hemelvaartsdag .
23 Mei – Irvette van Zyl stel 'n nuwe wêreldrekord op in 'n 50 km wedloop in Gqeberha met 'n tyd van 3:07:26.
25 Mei – Costa Rica sluit by die OESO aan.
8 Junie – Die bestaan van Operasie Anon ingevolge waarvan meer as 800 mense in 16 lande gearresteer word, word bekendgemaak aan die internasionale nuusmedia.
13 Junie - Die Israeliese Bennett-Lapid-kabinet word saamgestel.
19 Junie – Juneteenth word as 'n Federale vakansiedag in die Verenigde State ingestel.
23 Junie – Nieu-Seeland verslaan in die eindstryd van die eerste Wêreldtoetskampioenskap op Rose Bowl in Southampton Indië met agt paaltjies.
1 Julie – Slowenië neem die voorsitterskap van die Europese Unie by Portugal oor.
11 Julie – Onrus breek in KwaZulu-Natal en Gauteng uit wat spoedig tot wydverspreide plundering in die provinsies lei.
23 Julie –8 Augustus – Die Olimpiese Somerspele 2020 , wat weens die Koronaviruspandemie van 2019-2020 uitgestel is, word in Tokio , Japan , aangebied.[ 1]
24 Augustus –5 September – Die Paralimpiese Somerspele 2020 , wat uitgestel is, word in Tokio aangebied.[ 2]
7 September – Bitcoin word wettige betaalmiddel in El Salvador .
8 September – Die Afrikaanse Wikipedia se 100 000ste artikel word geskep.
17 Oktober –14 November – Die 7de T20I-wêreldbeker word in Oman en die Verenigde Arabiese Emirate aangebied en deur Australië gewen.
1 November – Suid-Afrikaanse munisipale verkiesing van 2021 .
3 November – Damon Galgut wen die Booker-prys met sy boek The Promise .
30 November – Barbados verander sy status van 'n grondwetlike monargie in 'n grondwetlike republiek .
25 Desember – Die James Webb-ruimteteleskoop word lanseer.
3 Januarie – Dorah Sitole , corden bleu-sjef en eerste swart vrou in Suid-Afrika wat 'n kookboek gepubliseer het (* 1953 ).
4 Januarie – Tanya Roberts , Amerikaanse aktrise en rolprentvervaardiger (* 1955 ).
13 Januarie – Sinikka Nopola , Finse skrywer van kinderstories (* 1953).
13 Januarie – Hannes Viljoen , Springbok -vleuel (* 1943 ).
13 Januarie – Siegfried Fischbacher , Amerikaanse vermaaklikheidpersoonlikheid (* 1939 ).
16 Januarie – Phil Spector , Amerikaanse musiekprodusent (* 1939).
19 Januarie – Margot Luyt , Suid-Afrikaanse dramaregisseur en radio-omroeper.
21 Januarie – Jackson Mthembu , lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika (* 1958 ).
21 Januarie – Randy Parton , Amerikaanse akteur (* 1953).
23 Januarie – Jonas Gwangwa , Suid-Afrikaanse jazz -musikant, liedjieskrywer en vervaardiger (* 1937 ).
23 Januarie – Hal Holbrook , Amerikaanse akteur (* 1925 ).
23 Januarie – Larry King , Amerikaanse televisie-gasheer (* 1933 ).
27 Januarie – Cloris Leachman , Amerikaanse aktrise. (* 1926 ).
28 Januarie – Sibongile Khumalo , Suid-Afrikaanse sanger (* 1957 ).
28 Januarie – Cicely Tyson , Amerikaanse aktrise en vervaardiger (* 1924 ).
5 Februarie – Christopher Plummer , Kanadese teater -, rolprent - en televisie akteur (* 1929 ).
22 Februarie – Aleksander Doba , Poolse kajakvaarder, bekend vir sy lang reise wat oseane oorsteek (* 1946 ).
25 Februarie – Hannu Mikkola , Finse wêreldtydrenkampioenjaer (* 1942 ).
2 Maart – Kiepie Jaftha , Suid-Afrikaanse predikant, onderwysman en ’n gemeenskapsleier (* 1949 ).
4 Maart – Karima Brown , Suid-Afrikaanse joernalis (* 1967 ).
7 Maart – Peter Matlare, Suid-Afrikaanse besigheidsleier, sterf aan Covid-19 (* 1960 ).
9 Maart – James Levine , Amerikaanse dirigent en pianis (* 1943 ).
12 Maart – Koning Goodwill Zwelithini , koning van die Zoeloes van 1968–2021 (* 1948 ).
12 Maart – Ferdi Hartzenberg , Suid-Afrikaanse politikus en laaste leier van die Konserwatiewe Party (* 1936 ).
12 Maart – Noxolo Maqashalala , Suid-Afrikaanse aktrise (* 1977 ).
17 Maart – John Magufuli , Tanzaniese president (* 1959 ).
21 Maart – Jimmy Abbott , Suid-Afrikaanse swaargewig bokser , rofstoeier en evangelis (* 1959 ).
24 Maart – Jessica Walter , Amerikaanse aktrise (* 1941 ).
3 April – Jonathan Ball , Suid-Afrikaanse uitgewer (* 1951 ).
4 April – Frank Mdlalose , eerste Premier van KwaZulu-Natal (* 1931 ).
4 April – Tine Balder , Vlaamsgebore aktrise, woon en werk van 1960 in Suid-Afrika (* 1924 ).
5 April – Paul Ritter , Britse akteur (* 1966 ).
8 April – John Naisbitt , Amerikaanse skrywer en futuris (* 1929).
9 April – Prins Philip, Hertog van Edinburg , eggenoot van Koningin Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk (* 1921 ).
9 April – Graeme Bloch , Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis en onderwyskundige (* 1956 ).
14 April – Bernard Madoff , Amerikaanse beleggingsadviseur, gevonnisde bedrieër (* 1938 ).
16 April – Helen McCrory , Engelse aktrise (* 1968 ).
19 April – Walter Mondale , 42ste Amerikaanse visepresident (* 1928 ).
19 April – Ian Wessels , Suid-Afrikaanse omroeper op RSG (* 1960).
20 April – Idriss Déby , president van Tsjaad (* 1952 ).
28 April – Michael Collins , Amerikaanse ruimtevaarder en toetsvlieënier (* 1930 ).
29 April – Prinses Mantfombi Dlamini, eggenote van wyle koning Goodwill Zwelithini (* 1953).
1 Mei – Olympia Dukakis , Amerikaanse aktrise († 1931 ).
6 Mei – Humberto Maturana , Chileense bioloog en filosoof (* 1928).
8 Mei – Helmut Jahn , Duits-Amerikaanse argitek (* 1940 ).
11 Mei – Norman Lloyd , Amerikaanse akteur, op ouderdom 106 (* 1914 ).
18 Mei – Charles Grodin , Amerikaanse akteur (* 1935 ).
22 Mei – Yuan Longping , Chinese onderwyser en landboukundige (* 1930).
23 Mei – Lorrae Desmond , Australiese aktrise (* 1929).
25 Mei – Ben Kruger , Suid-Afrikaanse akteur (* 1957).
25 Mei – Monica Breed , Afrikaanse omroeper, aktrise en skrywer van kleuterprogramme en hoorbeelde (* 1923 ).
28 Mei – Fujie Eguchi , vroue-tafeltennisspeler van Japan (* 1932).
29 Mei – Gavin MacLeod , Amerikaanse akteur (* 1931).
29 Mei – B.J. Thomas , Amerikaanse sanger en akteur (* 1942 ).
5 Junie – T.B. Joshua , Nigeriese Christelike TV-evangelis (* 1963 ).
7 Junie – Shaleen Surtie-Richards , Suid-Afrikaanse aktrise (* 1955).
9 Junie – Edward De Bono , Maltees gebore skrywer (* 1933).
9 Junie – Saul B. Cohen , Amerikaanse geograaf en universiteitsprofessor (* 1925 ).
10 Junie – Alwyn du Plessis , Gereformeerde predikant (* 1932 ).
13 Junie – Ned Beatty , Amerikaanse akteur (* 1937).
16 Junie – Jabu Mabuza , Suid-Afrikaanse sakeman en belegger, Eskom-hoof (* 1958).
17 Junie – Kenneth Kaunda , Zambiese president (* 1924).
25 Junie – Petra Müller , Afrikaanse digter en skrywer (* 1935).
30 Junie – Donald Rumsfeld , Amerikaanse politikus en sakeman (* 1932 ).
1 Julie – Louis Andriessen , Nederlandse komponis (* 1939).
1 Julie – Abel Pienaar , godsdienstige skrywer met spirituele en sintretistiese sienings. (* 1969 ).
1 Julie – Yoti die Griekse Boertjie , Suid-Afrikaanse sanger van Griekse afkoms (* onbekend).
1 Julie – Steve Kekana , Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer (* 1958).
6 Julie – Suzzanne Douglas , Amerikaanse aktrise en vervaardiger (* 1957).
7 Julie – Cameron Mackenzie , Suid-Afrikaanse politikus en parlementslid vir die DA (* 1960).
7 Julie – Jovenel Moïse , president van Haïti (* 1968).
7 Julie – Carlos Reutemann , Argentynse Formule Eenrenjaer (* 1942).
9 Julie – Geoff Makhubo , Suid-Afrikaanse politikus en burgemeester van die Johannesburgse Metro (* 1968).
12 Julie – Dr Ben Ngubane , Suid-Afrikaanse politikus en voormalige Eskom -voorsitter. (* 1941).
15 Julie – Peter R. de Vries , Nederlandse ondersoekjoernalis en misdaadverslaggewer (* 1956).
15 Julie – Leon Kruger , Afrikaanse akteur en dramaturg (* 1972 ).
20 Julie – Rosa Smit , Afrikaanse digter en wenner van die Ingrid Jonkerprys vir haar poësie (* 1945 ).
21 Julie – Lieb Bester , Suid-Afrikaanse akteur en musikant (* 1949 ).
23 Julie – Lulama Ntshayisa , Suid-Afrikaanse politikus (* 1958).
30 Julie – Japie van Wyk , Suid-Afrikaanse politikus (* 1935 ).
7 Augustus – Markie Post , Amerikaanse aktrise (* 1950 ).
12 Augustus – Una Stubbs , Britse aktrise en danseres (* 1937).
21 Augustus – Nicoletta Orsomando , Italiaanse televisie-aanbieder en aktrise (* 1929 ).
29 Augustus – Jacques Rogge , Belgiese ortopediese chirurg en agste president van die Internasionale Olimpiese Komitee (* 1942 ).
29 Augustus – Ed Asner , Amerikaanse akteur (* 1929 ).
31 Augustus – Kebby Maphatsoe , Suid-Afrikaanse ANC-politikus (* onbekend).
6 September – Zanele kaMagwaza-Msibi , Suid-Afrikaanse politikus en president van die Nasionale Vryheidsparty (* 1962 ).
11 September – Gloria Warren , Amerikaanse aktrise (* 1926 ).
12 September – Pieter Fourie , Afrikaanse dramaturg (* 1940 ).
15 September – Norman Bailey , Engelse operasanger (* 1933 ).
16 September – Jane Powell , Amerikaanse aktrise (* 1929 ).
19 September – Stephen Critchlow , Engelse akteur (* 1966 ).
21 September – Willie Garson , Amerikaanse akteur, regisseur, en vervaardiger (* 1964 ).
26 September – Franz Marx , Suid-Afrikaanse akteur, draaiboekskrywer en regisseur (* 1942 ).
18 Oktober – Colin Powell , Amerikaanse generaal en jarelange politikus (* 1937 ).
21 Oktober – Bernard Haitink , Nederlandse dirigent (* 1929 ).
7 November – Dean Stockwell , Amerikaanse akteur (* 1936 ).
7 November – Bas van der Vlies , Nederlandse politikus (* 1942 ).
11 November – Frederik Willem de Klerk , Suid-Afrikaanse politikus (Nasionale Party ) en laaste blanke staatspresident (* 1936 ).
13 November – Wilbur Smith , beroemde Zambiesgebore Suid-Afrikaanse romanskrywer (* 1933 ).
17 November – Theuns Jordaan , Suid-Afrikaanse sanger (* 1971 ).
28 November – Sir Frank Williams , Britse Formule Een -motorsportlegende (* 1942 ).
26 Desember – Desmond Tutu , Suid-Afrikaanse kerkleier en anti-apartheidaktivis (* 1931 ).
29 Desember – Peter Klatzow , Suid-Afrikaanse komponis en pianis (* 1945 ).
31 Desember – Betty White , Amerikaanse aktrise en vervaardiger (* 1922 ).
Wikinews bevat nuus in verband met 2021 .