Himba
Himba | |
---|---|
Himba (OmuHimba)-vrou in Namibië | |
Totale bevolking: | ca. 50 000[1] |
Belangrike bevolkings in: | Suider-Afrika (Angola en Namibië) |
Taal: | OtjiHimba ('n Herero-variëteit) |
Geloofsoortuiging: | Monoteïsties (Mukuru en voorouereerbied) |
Verwante etniese groepe: | Ander Bantoevolke soos Herero, Tjimba en Zemba |
Himba (enkelvoud: OmuHimba, meervoud: OvaHimba) is 'n inheemse etniese groep met 'n geskatte bevolking van 50 000[1] in die noordelike Namibië (die hedendaagse Kunene-streek; voorheen Kaokoland) en oorkant die Kunenerivier in suidelike Angola.[1] Daar is ook groepe wat nie tot die OvaTwa behoort nie en ook OvaHimba is, maar hulle is jagter-versamelaars en OvaHimba hou nie daarvan om met OvaTwa geassosieer te word nie. Die OvaHimba is halfnomadiese, pastorale herders, net kultureel onderskeibaar van die Herero's in noordelike Namibië en suidelike Angola. Hulle praat OtjiHimba, 'n Herero-variëteit, wat aan die Bantoetale van die Niger-Kongo-tale behoort.[1]
Die OvaHimba word as die laaste (half-)nomadieslewende mense van Namibië beskou, terwyl in Angola nog die Vakuval(e) en die Mundimba 'n nomadiese bestaan voer. Die lidmaatskap van 'n mens tot die Himba-volk is dikwels 'n persoonlike besluit en vir buitestaanders nie onmiddellik sigbaar nie. Saam met die Himba is daar nog die Tjimba en Zemba wat verwant is aan die Herero's is en hul eie Herero-variëteite besig.
Die presiese betekenis van die woord "Himba" is onduidelik. Enersyds word dit as "bedelaar" vertaal, maar andersyds as "dié van die rivier", terwyl hulle dit as "die wat sing" vertaal.[2] Die Himba is vir hul gebruik van oker vir kosmetiese doeleindes bekend.
Fotogalery
[wysig | wysig bron]-
Himba-herders in Kaokoland
-
Berede Himba-herders
-
Ovahimba-leier Kapuka Thom († 2009)[3] met sy kleinseun
-
Himba-dorpie sowat 15 km noord van Opuwo, Namibië
-
'n Himba-huis
-
’n Regering-befondsde mobiele skool vir Himba-kinders in Ottati, Kunene-streek
-
'n Himba-vrou wat wierook berei, die rook word gebruik as 'n antimikrobiese liggaamsreinigingsmiddel, deodorant en geur, vervaardig deur aromatiese kruie en hars te verbrand.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 (en) Kamaku Consultancy Services cc., Commissioned by: Country Pilot Partnership (CPP) Programme Namibia (2011). Strategies That Integrate Environmental Sustainability Into National Development Planning Process to Address Livelihood Concerns of the OvaHimba Tribe in Namibia – A Summary (PDF). Windhoek, Namibië: Departement van Omgewingsake en Toerisme, Republiek van Namibië. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 4 Maart 2016. Besoek op 15 Augustus 2019.
- ↑ (de) Anja-Kristin Priebe (2002). "Himba sind glücklichere Menschen": Ethnotourismus zu den Himba im Nordwesten Namibias. diplom.de. p. 54. ISBN 978-3-8324-5649-8. Besoek op 15 Augustus 2019.
- ↑ (en) Friedman, John (2011). Imagining The Post-Apartheid State: An Ethnographic Account of Namibia. Oxford, New York: Berghahn Books. p. 204. ISBN 978-1-78238-323-9. Besoek op 15 Augustus 2019.
Verdere leeswerk
[wysig | wysig bron]- (en) Crandall, David P. (2000). The Place of Stunted Ironwood Trees: A Year in the Lives of the Cattle-Herding Himba of Namibia. New York: Continuum International Publishing Group Inc. pp. 18, 33, 38–39, 47, 48, 66, 67, 102, 188. ISBN 0-8264-1270-X.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - (en) Peter Pickford, Beverly Pickford, Margaret Jacobsohn: Himba; ed. New Holland Publishers (UK) Ltd, 1990; ISBN 978-1-85368-084-7
- (de) Klaus G. Förg, Gerhard Burkl: Himba. Namibias ockerrotes Volk; Rosenheim: Rosenheimer Verlagshaus, 2004; ISBN 3-475-53572-6
- (fr) Rina Sherman: Ma vie avec les Ovahimba; Paris: Hugo et Cie, 2009; ISBN 978-2-7556-0261-6
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Himba.