Gaan na inhoud

Ben Bernanke

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Ben Bernanke

Ben Shalom Bernanke[1] (/bərˈnæŋki/ bər-NANG-kee; gebore 13 Desember 1953) is 'n Nobelpryswenner Amerikaanse ekonoom wat van 2006 tot 2014 as die 14de voorsitter van die VSA se Federale Reserweraad gedien het. Nadat hy die Reserweraad verlaat het, is hy aangestel as 'n vooraanstaande genoot by die Brookings Instituut.[2][3] Tydens sy ampstermyn as Federale Reserweraad voorsitter het Bernanke toesig gehou oor die Reserweraad se reaksie op die laat-2000's finansiële krisis, waarvoor hy as die 2009 Time persoon van die jaar aangewys is.[3] Voordat Bernanke voorsitter van die Federale Reserweraad geword het, was hy 'n professor aan die Princeton-universiteit en was voorsitter van die departement ekonomie daar van 1996 tot September 2002, toe hy met staatsdiensverlof gegaan het.[3] Bernanke is saam met Douglas Diamond en Philip H. Dybvig met die 2022 Nobelprys vir Ekonomiese Wetenskappe bekroon "vir navorsing oor banke en finansiële krisisse",[4] [5] meer spesifiek vir sy ontleding van die Groot Depressie.

Vanaf 5 Augustus 2002, tot 21 Junie 2005, was hy 'n lid van die Raad van Goewerneurs van die Federale Reserwestelsel, het die Bernanke-doktrine voorgestel, en eers "die Groot Moderering" bespreek - die teorie dat tradisionele sakesiklusse afgeneem het in wisselvalligheid in die afgelope dekades deur strukturele veranderinge wat in die internasionale ekonomie plaasgevind het, veral toenames in die ekonomiese stabiliteit van ontwikkelende lande, wat die invloed van makro-ekonomiese (monetêre en fiskale) beleid verminder het.

Bernanke het toe as voorsitter van president George W. Bush se Raad van Ekonomiese Adviseurs gedien voordat president Bush hom benoem het om Alan Greenspan op te volg as voorsitter van die Federale Reserweraad van die Verenigde State.[6] Sy eerste termyn het op 1 Februarie 2006 begin."[7] Bernanke is op 28 Januarie 2010 vir 'n tweede termyn as voorsitter bevestig, nadat hy herbenoem is deur president Barack Obama, wat later na hom verwys het as "die toonbeeld van kalmte.[8] Sy tweede termyn het op 31 Januarie 2014 geëindig, toe hy is op 3 Februarie 2014 deur Janet Yellen opgevolg.[9]

Bernanke het oor sy tyd as voorsitter van die Federale Reserweraad geskryf in sy 2015-boek, The Courage to Act, waarin hy onthul het dat die wêreld se ekonomie naby aan ineenstorting gekom het in 2007 en 2008. Bernanke beweer dat dit slegs die nuwe pogings van die Fed was (samewerking met ander Amerikaanse agentskappe en agentskappe van ander regerings) wat 'n ekonomiese ramp groter as die Groot Depressie verhoed het.[10]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Bernanke se voornaam is Ben, nie Benjamin nie, en "Ben Shalom" word nie afgekort nie. (Sien: "Big Ben", Slate, 24 Oktober 2005; sien ook "Presidential Nomination: Ben Shalom Bernanke", George W. Bush White House, Januarie 2009)
  2. "Federal Reserve Chairman Ben Bernanke to Join Economic Studies at Brookings". Brookings. 3 Februarie 2014. Besoek op 3 Februarie 2014.
  3. 3,0 3,1 3,2 Amadeo, Kimberly. "The Great Depression Expert Who Prevented the Second Great Depression". The Balance. Besoek op 29 Julie 2020.
  4. https://www.nobelprize.org/prizes/economic-sciences/2022/press-release/
  5. "Former Fed Chair Bernanke shares Nobel for research on banks". AP NEWS (in Engels). 10 Oktober 2022. Besoek op 10 Oktober 2022.
  6. Andrews, Edmund L. (24 Oktober 2005). "Bush Nominates Bernanke to Succeed Greenspan as Fed Chief". The New York Times. ISSN 0362-4331. Besoek op 29 Julie 2020.
  7. "Ben S. Bernanke formally sworn in to second term as chairman of the Board of Governors of the Federal Reserve System". Board of Governors of the Federal Reserve System. Besoek op 29 Julie 2020.
  8. "Obama nominates Janet Yellen to succeed Bernanke at Federal Reserve". Mort Zuckerman. Associated Press. 9 Oktober 2013.
  9. "Yellen sworn in as Fed chair in brief ceremony". The Associated Press. Besoek op 30 Julie 2020.
  10. Michael Kinsley (8 Oktober 2013). "Ben Bernanke's 'The Courage to Act'". The New York Times.