1976
Voorkoms
1976 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1971 | 1972 | 1973 | 1974 | 1975 | ◄ 1976 ► | 1977 | 1978 | 1979 | 1980 | 1981 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1976 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Operasie Savannah | ||||||||||||||||||||||
|
1976 (MCMLXXVI) was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 1976ste jaar van die gangbare jaartelling (Anno Domini), die 976ste jaar van die 2de millennium, die 76ste jaar van die 20ste eeu, en die 7de jaar van die 1970's.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- Die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) se televisiediens begin in Julie uitsaai.
- Die Mediese Universiteit van Suider-Afrika (MEDUNSA) word naby Pretoria gestig.
- 21 Januarie – Concorde se kommersiële vlugte word die eerste keer tegelykertyd op twee roetes onderneem.
- 4-15 Februarie – Die twaalfde Olimpiese Winterspele word in Innsbruck, Oostenryk, aangebied.
- 21-28 Februarie – Die eerste Paralimpiese Winterspele word in Örnsköldsvik, Swede, aangebied.
- 27 Februarie – Die Polisario verklaar in Tindouf die onafhanklikheid van die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara met Laâyoune as hoofstad.
- 18 Maart – Die Suid-Afrikaanse Vloot neem sy eerste duikboot, die SAS Maria van Riebeeck, in gebruik.
- 24 Maart – President Isabel Perón van Argentinië word ontvoer en afgeset in 'n bloedlose staatsgreep.
- 26 Maart – Koningin Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk stuur die eerste koninklike e-pos.
- 1 April – Die rekenaarmaatskappy Apple Computer word gestig deur Steve Jobs en Steve Wozniak.
- 5 April – James Callaghan word Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk.
- 18 April - Drie Suid-Afrikaanse toeriste word doodgeskiet op die hoofweg tussen Beitbrug en Fort Victoria in Rhodesië.
- 9 Mei – Ulrike Meinhof van die terroriste-organisasie "RAF" (Rote Armee Fraktion) word dood aangetref in haar sel in die gevangenis in Stuttgart-Stammheim.
- 21 Mei – Sewe mense, onder andere die Suid-Afrikaanse popster Gwynneth Ashley-Robin, sterf in 'n ligte vliegtuigongeluk naby Penge, Oos-Transvaal. Ashley-Robin was veral bekend vir haar Maart 1974 treffer, 'Little Jimmy'.
- 16 Junie – Die Soweto-opstand begin in Suid-Afrika.
- 22 Junie – Die Kanadese laerhuis skaf die doodstraf af.
- 26 Junie – Die CN-toring in Toronto, die wêreld se hoogste vrystaande gebou op daardie stadium, word geopen.
- 29 Junie – Die Republiek van Seychelle word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 2 Julie – Hereniging van Noord- en Suid-Viëtnam as Viëtnam. Saigon word na Ho Chi Minh-stad hernoem.
- 4 Julie – Israeliese valskermsoldate bevry 103 gyselaars wat deur Palestynse vliegtuigkapers in Entebbe, Uganda, aangehou is tydens Operasie Entebbe.
- 17 Julie-1 Augustus – Die 21ste Olimpiese Somerspele word in Montreal, Kanada, aangebied.
- 20 Julie – Viking 1 land op Mars, en teken die eerste besoek vanaf die Aarde aan die planeet aan.
- 3-11 Augustus – Die vyfde Paralimpiese Somerspele word in Toronto, Kanada, aangebied.
- 21 Desember - By 'n teeplantasie in die Honde-vallei in Rhodesië, word 27 plaaswerkers vermoor deur terroriste.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- Onbekend – Saskia de Coster, Vlaamse skryfster.
- 4 Februarie – Yuval Noah Harari Israeli geskiedkundige en skrywer.
- 29 Februarie – Chadwick Boseman, Amerikaanse akteur, vervaardiger en skrywer († 2020).
- 8 Maart – Freddie Prinze Jr., Amerikaanse akteur.
- 13 Maart – Danny Masterson, Amerikaanse akteur.
- 22 Maart – Reese Witherspoon, Amerikaanse aktrise en vervaardiger.
- 24 Maart – Peyton Manning, Amerikaanse NFL-ster.
- 1 April − John Elkann, Italiaans-Amerikaanse nyweraar.
- 13 April – Jonathan Brandis, Amerikaanse akteur († 2003).
- 16 April – Lukas Haas, Amerikaanse akteur.
- 20 April – Joey Lawrence, Amerikaanse akteur.
- 27 April – Sally Hawkins, Engelse aktrise en skryfster.
- 30 April – Victor J. Glover, Amerikaanse ruimtevaarder.
- 7 Mei – Ayelet Shaked, Israelse politikus.
- 30 Mei – Omri Katz, Amerikaanse akteur.
- 4 Junie – Aleksei Nawalni, Russiese regsgeleerde, politikus en finansiële aktivis († 2024).
- 3 Julie – Bob Skinstad, Suid-Afrika se vyftigste Springbokkaptein.
- 15 Julie – Diane Kruger, Duitse aktrise en model.
- 24 Julie – Chiang Peng-lung, Taiwannese professionele manstafeltennisspeler
- 2 Augustus – Lianie May, Afrikaanse ligte sangeres.
- 6 Augustus – Soleil Moon Frye, Amerikaanse aktrise en skryfster.
- 15 Augustus – Abiy Ahmed, Ethiopiese politikus en 12de premier van Ethiopië.
- 24 Augustus – Alex O'Loughlin, Australiese akteur.
- 27 Augustus – Mark Webber, Australiese Formule Een-renjaer.
- 3 Oktober – Carl Beukes, Suid-Afrikaanse akteur.
- 4 Oktober – Alicia Silverstone, Amerikaanse aktrise.
- 19 Oktober – Pro Legoete, Suid-Afrikaanse rugbyskeidsregter.
- 27 November – Gerhard Steyn, Afrikaanse sanger en liedjieskrywer.
- 3 Desember – Mark Boucher, Suid-Afrikaanse beroepskrieketspeler.
- 23 Desember – Kyle Kinane, Amerikaanse akteur, skrywer en vervaardiger.
- Onbekend – Annanias Mathe, gevonnisde reeksverkragter en gewapende rower van Mosambiek († 2016).
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 12 Januarie – Agatha Christie, Britse skryfster (* 1890).
- 23 Januarie – Paul Robeson, Amerikaanse sanger, akteur, advokaat en aktivis (* 1898).
- 13 Februarie – Lily Pons, Amerikaanse operasopraan (* 1898).
- 20 Februarie – Sannie Uys, Suid-Afrikaanse skrywer en moeder van Uys Krige (* 1886).
- 24 Maart – Bernard Montgomery, Britse veldmaarskalk (* 1887).
- 1 April – Max Ernst, Duitse skilder (* 1891).
- 5 April – Howard Hughes, Amerikaanse lugvaartpionier en filmregisseur (* 1905).
- 11 Mei – Alvar Aalto, Finse argitek en ontwerper (* 1898).
- 12 Mei – Rudolf Kempe, Duitse dirigent (* 1910).
- 21 Mei - Gwynneth Ashley-Robin, Suid-Afrikaanse popster (* 1960)
- 9 Junie − Paul Rodenko, Nederlandse digter, kritikus, essayis en vertaler (* 1920).
- 8 Junie ? – Allan G.B. Fisher, Nieu-Seelandse ekonoom (* 1895).
- 9 Junie – Ivan Mitford-Barberton, Suid-Afrikaanse beeldhouer en skrywer (* 1896).
- 16 Junie – Hastings Ndlovu, eerste persoon wat tydens die Soweto-opstand geskiet is (* 1961).
- 16 Junie – Hector Pieterson en vele ander jeugdiges tydens die Soweto-opstand van 1976 (* 1964).
- 28 Julie– Lucas Cornelius Steyn, Suid-Afrikaanse politikus en waarnemende Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1959 en 1961) (* 1903).
- 5 Augustus – Adriaan Roland Holst, Nederlandse digter (* 1888).
- 22 Augustus – Juscelino Kubitschek, Brasiliaanse geneeskundige en politikus (* 1902).
- 9 September – Mao Zedong, Kommunistiese Chinese politikus en partyleier (* 1893).
- 15 Oktober – Carlo Gambino, berugte Italiaans-Amerikaanse bendeleier en baas van die Gambino-mafia-familie (* 1902).
- 12 November – Walter Piston, Amerikaanse komponis (* 1894).
- 18 November – Man Ray, Amerikaanse fotograaf (* 1890).
- 4 Desember – Benjamin Britten, Engelse komponis, dirigent en pianis (* 1913).
- 20 Desember – Walter Fitzgerald Engelse akteur (* 1896).
- Onbekend – Anna Enslin, Afrikaanse skrywer, stadsraadslid en onderburgemeester van Bloemfontein (* 1887).