Pous Johannes I
Pous Johannes I | |
---|---|
Pontifikaat begin | 13 Augustus 523 |
Pontifikaat eindig | 18 Mei 526 |
Voorganger | Hormisdas |
Opvolger | Felix IV |
Gebore | 470 Sienna, Toskane |
Sterf | 18 Mei 526 Ravenna, Italië |
Ander pouse genaamd Johannes |
Johannes I was die 53ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Biografie
[wysig | wysig bron]Pous Johannes I is gebore ongeveer in 470 in Sienna, Toskane. Op 13 Augustus 523 volg hy Pous Hormisdas op en regeer tot sy dood op 18 Mei 526. Hy word opgevolg deur Pous Felix IV. Die naam ‘Johannes’ beteken 'God is genadig'.
Pontifikaat
[wysig | wysig bron]Pous Johannes I word tydens sy pontifikaat deur koning Theodorik die Grote na Justinianus I, keiser van die Oos-Romeinse Ryk gestuur en is in Konstantinopel met alle eer ontvang. Hy kroon die keiser Justinianus daar. Toe die pous in Ravenna terug kom, sit Theodorik hom in die tronk omdat Justinianus nie aan al sy versoeke voldoen het nie. Johannes bly in die tronk, aangekla van hoogverraad, tot sy dood in 526 weens slegte behandeling.
Verering
[wysig | wysig bron]Johannes I is in die Sint Pieterskerk begrawe. Hy word as heilige vereer in die Rooms-Katolieke Kerk en veral in Ravenna en Toskane. Sy feesdag is op 18 Mei. In die kuns word hy voorgestel as 'n gevangene agter tralies met 'n diaken en 'n sub-diaken langs hom.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. ISBN 0-85323-545-7
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Ioannes I. |
- BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- Ekumeniese Heiligesleksikon (Duits)
- CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)
Nota
[wysig | wysig bron]Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.
Opvolging
[wysig | wysig bron]Voorafgegaan deur Hormisdas |
Pous (Pontifex Maximus) 523 – 526 |
Opgevolg deur Felix IV |