Pous Paschalis II
Pous Paschalis II | |
---|---|
Geboortenaam | Raniero di Bieda |
Pontifikaat begin | 13 Augustus 1099 |
Pontifikaat eindig | 21 Januarie 1118 |
Voorganger | Urbanus II |
Opvolger | Gelasius II |
Gebore | ± 1055 Bieda, Forli, Romagna |
Sterf | 21 Januarie 1118 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Paschalis |
Paschalis II was die 160ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Biografie
[wysig | wysig bron]Pous Paschalis II is gebore as Raniero di Bieda ongeveer in 1055 in Bieda di Santa Sofia naby Forli in Romagna.[1] Paschalis was 'n monnik van die orde van Cluny en is deur Pous Gregorius VII aangestel as kardinaal-priester van Sint Clemens omtrent in 1076. Op 13 Augustus 1099 volg hy Pous Urbanus II op en regeer tot sy dood op 21 Januarie 1118. Hy word opgevolg deur Pous Gelasius II. Die naam ‘Paschalis’ beteken 'Oosterling'.
Pontifikaat
[wysig | wysig bron]Pous Paschalis II het te kampe gehad met vier teenpouse gedurende sy pontifikaat, Clemens III, Theodoricus, Albertus en Silvester IV. Een van die redes was die voortdurende investituurstryd. Toe keiser Hendrik IV se seun met die steun van die pous die mag by sy pa oorneem, het Paschalis gedink die nuwe keiser Hendrik V sal meer inskiklik wees. Hendrik V het egter aan sy voorregte vasgeklou. Die pous het probeer om Hendrik se kroning as keiser te gebruik om hom te oorreed, maar Hendrik het die pous in 1111 kortstondig (ses dae) gevange geneem. Paschalis het toe maar Hendrik op sy (Hendrik s'n) voorwaardes gekroon op 13 April 1111.
Bibliografie
[wysig | wysig bron]- Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6.
- Gresser, Georg (2002). Die Synoden und Konzilien in der Zeit des Reformpapsttums in Deutschland und Italien von Leo IX. bis Calixt II. 1049–1123, Paderborn 2006.
- Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Paschal II." Encyclopædia Britannica. 2008. Encyclopædia Britannica Online. 5 Julie. 2008 <http://www.britannica.com/EBchecked/topic/445477/Paschal-II>
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)
- CF Inskrywing in die Catholic Forum (Engels)
- PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
- GM Inskrywing in die Genealogie van die Middeleeue (Duits)
Nota
[wysig | wysig bron]Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Opvolging
[wysig | wysig bron]Voorafgegaan deur Urbanus II |
Pous (Pontifex Maximus) 1099 – 1118 |
Opgevolg deur Gelasius II |