27 Maart
Voorkoms
<< | Maart 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
27 Maart is die 86ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (87ste in 'n skrikkeljaar). Daar is nog 279 dae in hierdie jaar.
Gebeure
- 1000 – Pous Silvester II verleen die koningstitel aan Sint Stefanus van Hongarye.
- 1272 – Pous Gregorius X gekroon.
- 1329 – Pous Johannes XXII veroordeel die leerstellings van Meester Eckhart in die bul In Agro Dominico.
- 1513 – Die Spaanse veroweraar Juan Ponce de León sien Florida vir die eerste keer terwyl hy op soek is na die Fontein van Ewigdurende Jeug in die Nuwe Wêreld.
- 1851 – Eerste Europese berig van die bestaan van die Yosemite-vallei.
- 1918 – Moldova en Bessarabië sluit aan by Roemenië.
- 1923 – FART konstruksie voltooi.
- 1938 – Oorlog van Tai er zhuang
- 1941 – Tweede Wêreldoorlog: Aanval op Pearl Harbor, die Japannese spioen Takeo Yoshikawa arriveer in Honolulu, Hawaii en begin om die Verenigde State se vloot te bestudeer by Pearl Harbor.
- 1941 – Brittanje ondersteun Peter II van Joegoeslawië in 'n staatsgreep in die land.
- 1958 – Nikita Chroesjtsjof word Premier van die Sowjetunie.
- 1964 – Die Goeie Vrydag-aardbewing, die kragtigste aardbewing in die geskiedenis van die VSA met 'n Richterskaal lesing van 9,2 tref Suid Sentraal Alaska, 125 mense sterf en grootskaalse skade aangerig aan die stad Anchorage.
- 1969 – Mariner 7 word gelanseer.
- 1976 – Suid-Afrika onttrek militêre magte uit Angola.
- 1976 – Amptelike stigtingsdag van die beroemde 32 Batajlon van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW).
- 1985 – Die Westdenedam-ramp vind in Johannesburg plaas.
- 1988 – Moudud Ahmed word Eerste Minister van Bangladesj.
- 1993 – Jiang Zemin word aangewys as President van China.
- 1993 – Albert Zafy word President van Madagaskar.
- 1993 – Mahamane Ousmane word President van Niger.
- 1995 – Nelson Mandela ontslaan sy vervreemde vrou, Winnie, uit sy kabinet.
Geboortes
- 972 – Robert II, Franse koning († 1031).
- 1401 – Albrecht III, Duitse hertog van Beiere-München († 1460).
- 1416 – Franciscus de Paola, Italiaanse stigter van die Paulus-orde († 1507).
- 1509 – Wolrad II, Duitse hertog van Waldeck-Eisenberg († 1578).
- 1546 – Johannes Piscator, Duitse professor en protestantse teoloog († 1625).
- 1576 – Kaspar von Teutleben, Duitse digter († 1629).
- 1651 – Georg Abraham von Arnim, Pruisiese generaalveldmaarskalk († 1734).
- 1740 – Niklaus Franz von Bachmann, Switserse offisier en eerste opperbevelvoerder van die Switserse weermag († 1831).
- 1746 – Michael Bruce, Skotse digter († 1767).
- 1765 – Franz Xaver von Baader, Duitse filosoof († 1841).
- 1785 – Koning Lodewyk XVII van Frankryk († 1795).
- 1797 – Alfred de Vigny, Franse skrywer († 1863).
- 1809 – Georges-Eugène Haussmann, Franse stadsbeplanner.
- 1817 – Karl Wilhelm von Nägeli, Switserse bioloog († 1891).
- 1845 – Wilhelm Röntgen, Duitse fisikus, wenner van die eerste Nobelprys vir Fisika 1901 († 1923).
- 1847 – Otto Wallach, Duitse chemikus en Nobelpryswenner († 1931).
- 1851 – Vincent d'Indy, komponis en onderwyser († 1931).
- 1857 – Karl Pearson, statistikus († 1936).
- 1863 – Sir Henry Royce, motorpionier († 1933).
- 1866 – Oskar Bidder, Duits-Baltiese protestantse martelaar († 1919).
- 1869 – James McNeill, Ierse politikus († 1869).
- 1871 – Heinrich Mann, Duitse dramaturg en ouer broer van Thomas Mann († 1950).
- 1879 – Edward Steichen, Amerikaanse fotograaf en skilder († 1973).
- 1886 – Ludwig Mies van der Rohe, Duitse argitek († 1969).
- 1899 – Gloria Swanson, Amerikaanse aktrise, († 1983).
- 1901 – Carl Barks, tekenaar van Donald Duck-strokiesprente († 2000).
- 1901 – Erich Ollenhauer, politikus († 1963).
- 1901 – Sato Eisaku, Eerste Minister van Japan († 1975).
- 1901 – Sasaki Naojiro, Japannese outeur († 1943).
- 1905 – Rudolph-Christoph Freiherr von Gersdorff, Duitse generaal en deel van die sluipmoord-poging op Hitler van 20 Julie 1944 († 1980).
- 1906 – Pee Wee Russell, VS jazz-musikant, († 1969).
- 1909 – Golo Mann, Duits-Switserse historikus en uitgewer († 1994).
- 1910 – John Pierce, elektriese ingenieur.
- 1912 – James Callaghan, Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk († 2005),
- 1917 – Cyrus Vance, VS politikus, († 2002).
- 1922 – Pierre Pairault oba Stefan Wul, Franse outeur († 2003).
- 1923 – Louis Simpson, digter.
- 1923 – Endo Shusaku, Katolieke Japannese outeur († 1996).
- 1924 – Sarah Vaughan, sanger († 1990).
- 1927 – Mstislav Rostropovich, Russiese dirigent en musikus († 2007).
- 1928 – Myburgh Streicher, Suid-Afrikaanse politikus († 2005).
- 1931 – David Janssen, Amerikaanse akteur, († 1980).
- 1931 – Walter Kieber, Staatshoof van Liechtenstein († 1978).
- 1939 – Cale Yarborough, NASCAR-renjaer.
- 1942 – Michael York, akteur.
- 1950 – Tony Banks, musikant van Genesis.
- 1954 – Wally Stocker, musikant van The Babys.
- 1957 – Nick Hawkins, Britse politikus.
- 1959 – Andrew Farriss, musikant van INXS.
- 1960 – Johannes Kerkorrel, Afrikaanse musikant († 2002).
- 1962 – Jann Arden, Kanadese musikant.
- 1963 – Quentin Tarantino, Amerikaanse akteur, regisseur, skrywer.
- 1963 – Xuxa, Brasiliaanse TV-persoonlikheid.
- 1968 – Sadie Frost, Britse aktrise
- 1970 – Mariah Carey, Amerikaanse sangeres.
- 1970 – Prinses Leila van Iran, († 2001).
- 1970 – Brendan Hill van Blues Traveler.
- 1971 – David Coulthard, Britse Formule Een-renjaer.
- 1979 – Imran Tahir, Suid-Afrikaanse krieketspeler.
- 1986 – Manuel Neuer, Duitse sokkerspeler (doelwagter).
Sterftes
- 1191 – Pous Clemens III, die 174ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1350 – Koning Alfonso XI van Castile, (* 1312).
- 1378 – Pous Gregorius XI, die 201ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1330).
- 1555 – William Hunter, Protestantse martelaar.
- 1625 – Jakobus I van Engeland, 'n koning van die Skotte (as Jakobus VI), van Engeland en van Ierland (* 1566).
- 1635 – Robert Naunton, Engelse politikus, (* 1563).
- 1662 – Marie Louise van Orleans.
- 1757 – Johann Stamitz, Tsjeggiese komponis en violis, (* 1717).
- 1770 – Giovanni Battista Tiepolo, (* 1696).
- 1809 – Joseph-Marie Vien, Franse skilder, (* 1716).
- 1827 – François Alexandre Frédéric, duc de la Rochefoucauld-Liancourt, (* 1747).
- 1843 – Karl Salomo Zachariae von Lingenthal, Duitse regsgeleerde, (* 1769).
- 1850 – Wilhelm Beer, astronoom, (* 1797).
- 1864 – Jean-Jacques Ampère, Franse leraar, (* 1800).
- 1865 – Petrus Hoffman Peerlkamp, Nederlandse leraar, (* 1786).
- 1873 – Amedée Simon Dominique Thierry, Franse joernalis en historikus, (* 1797).
- 1875 – Abraham Faure, die vader van die Teologiese Kweekskool op Stellenbosch (* 1795).
- 1878 – Heer George Gilbert Scott, argitek, (* 1811).
- 1889 – John Bright, (* 1811).
- 1900 – Genl. Piet Joubert, Boerekryger en kommandant-generaal (* 1831).
- 1910 – Alexander Emanuel Agassiz, VSA wetenskaplike en ingenieur, (* 1835).
- 1918 – Henry Adams, historikus (* 1838).
- 1923 – Sir James Dewar, chemikus (* 1842).
- 1924 – Walter Parratt, komponis, (* 1841).
- 1931 – Arnold Bennett, Britse skrywer, (* 1867).
- 1934 – Francis William Reitz, President van die Vrystaat (* 1844).
- 1940 – Michael Joseph Savage, Eerste minister van Nieu-Seeland, (* 1872).
- 1967 – Jim Thompson (ontwerper), vermis (* 1906).
- 1968 – Joeri Gagarin, 'n Rus en die eerste mens wat om die aarde gewentel het (* 1934).
- 1969 – B. Traven, skrywer.
- 1972 – M. C. Escher, Nederlandse kunstenaar (* 1898).
- 1972 – Sharkey Bonano, jazz-musikant (* 1904).
- 1974 – Leo Marquard, Suid-Afrikaner en medestigter Liberale Party (* 1897).
- 1991 – Ralph Bates, Britse akteur (* 1940).
- 1995 – Maurizio Gucci, Italiaanse mode-ontwerper.
- 2000 – Ian Dury, Engelse rock musikant (* 1942),
- 2002 – Milton Berle, Amerikaanse akteur, komediant (* 1908).
- 2002 – Dudley Moore, Engelse akteur en musikant (* 1935).
- 2002 – Billy Wilder, Amerikaanse regisseur (* 1906).
Vakansiedae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 27 March. |