1959: Verskil tussen weergawes
Voorkoms
Geskrapte inhoud Bygevoegde inhoud
→Geboortes: Margaret Gardiner |
→Geboortes: Albert Fritz |
||
Lyn 35: | Lyn 35: | ||
* [[9 Junie]] – [[Benny Gantz]], Israelse generaal en politikus. |
* [[9 Junie]] – [[Benny Gantz]], Israelse generaal en politikus. |
||
* [[26 Junie]] – [[Connie September]], Suid-Afrikaanse politikus, voormalige kabinetsminister. |
* [[26 Junie]] – [[Connie September]], Suid-Afrikaanse politikus, voormalige kabinetsminister. |
||
* [[1 Julie]] – [[Albert Fritz]], Suid-Afrikaanse politikus, afgesette Wes-Kaapse provinsiale minister van gemeenskapsveiligheid. |
|||
* [[5 Julie]] – [[Derrick America]], Suid-Afrikaanse politikus. |
* [[5 Julie]] – [[Derrick America]], Suid-Afrikaanse politikus. |
||
* [[8 Julie]] – [[Tom Egeland]], Noorse skrywer en joernalis. |
* [[8 Julie]] – [[Tom Egeland]], Noorse skrywer en joernalis. |
Wysiging soos op 10:35, 30 Oktober 2022
1959 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1954 | 1955 | 1956 | 1957 | 1958 | ◄ 1959 ► | 1960 | 1961 | 1962 | 1963 | 1964 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1959 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Colin Steyn, oorlede 23 April 1959 | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1959 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 59ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
- 1 Januarie – In Kuba word Fulgencio Batista deur Fidel Castro omvergewerp.
- 3 Januarie – Alaska word die 49ste deelstaat van die Verenigde State.
- 4 Januarie – Die Sowjet-ruimtetuig Loena 1 vlieg verby die maan.
- 3 Maart – Die onbemande Amerikaanse ruimtetuig, Pioneer 4 word lanseer.
- 9 Maart – Die wêreld se topverkoper-pop, Barbie, word vir die eerste keer in New York verkoop.
- 10 Maart – Die Tibetaanse opstand in Lhasa.
- 9 April – Nasa kondig die Mercury Sewe aan.
- 25 April – Die eerste persoon, wat nou erken word as ’n pasiënt met VIGS, word in ’n hospitaal opgeneem.
- 4 Mei – Die eerste Grammy toekennings aangekondig.
- 21 Augustus – Hawaii word die 50ste deelstaat van die Verenigde State.
- 7 Oktober – Die Sowjet-ruimtetuig Loena 3 neem die eerste foto’s van die agterkant van die maan.
- 16 November – Tydens die eerste toets van die Excelsior-projek spring Joseph Kittinger op 'n hoogte van 23 300 m uit 'n gondel, en oorleef dit.
- 30 Desember – USS George Washington, Amerika se eerste ballistiese kernaangedrewe duikboot, word in diens gestel.
Geboortes
- Onbekend – Marc Tritsmans, Vlaamse digter.
- Onbekend – Bart de Graaff, Nederlandse skrywer.
- 22 Januarie – James Phillips, alias Bernoldus Niemand, Suid-Afrikaanse rocksanger en liedjieskrywer. († 1995).
- 3 Februarie – Chan Santokhi, Surinaamse politikus.
- 8 Februarie – Mauricio Macri, Argentynse ingenieur, sakeman, politikus en staatspresident (sedert 2015).
- 14 Februarie – Renée Fleming, Amerikaanse operasopraan.
- 11 Maart – Nina Hartley, Amerikaanse porno-aktrise.
- 16 Maart – Tito Mboweni, agtste Goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, later minister van finansies.
- 25 Maart – Fredi Nest, Afrikaanse sanger († 2015).
- 30 Maart – Maggie Baird, Amerikaanse aktrise.
- 15 April – Emma Thompson, Britse akteur.
- 11 Mei – Jimmy Abbott, Suid-Afrikaanse swaargewigbokser, rofstoeier en evangelis († 2021).
- 15 April – Thomas F. Wilson, Amerikaanse akteur.
- 4 Junie – Jannie Breedt, Suid-Afrika se een-en-veertigste Springbokkaptein.
- 9 Junie – Benny Gantz, Israelse generaal en politikus.
- 26 Junie – Connie September, Suid-Afrikaanse politikus, voormalige kabinetsminister.
- 1 Julie – Albert Fritz, Suid-Afrikaanse politikus, afgesette Wes-Kaapse provinsiale minister van gemeenskapsveiligheid.
- 5 Julie – Derrick America, Suid-Afrikaanse politikus.
- 8 Julie – Tom Egeland, Noorse skrywer en joernalis.
- 26 Julie – Kevin Spacey, Amerikaanse akteur.
- 31 Julie – Andrew Marr, Britse joernalis, tv-aanbieder en politieke kommentator.
- 9 Augustus – Michael Kors, Amerikaanse modeontwerper.
- 10 Augustus – Rosanna Arquette, Amerikaanse aktrise, regisseuse, en vervaardiger.
- 21 Augustus – Margaret Gardiner, Suid-Afrikaanse skoonheidskoningin en joernalis.
- 26 Augustus – Herman Mashaba, Suid-Afrikaanse entrepreneur, politikus en president van ActionSA.
- 27 Augustus – Gerhard Berger, Oostenrykse Formule Eenrenjaer.
- 29 Augustus – Eddi Reader, Skotse sangeres en liedjieskryfster.
- 9 Oktober – Boris Nemtsof, Russiese wetenskaplike, staatsman en liberale politikus († 2015).
- 15 Oktober – Sarah, Hertogin van York, gewese vrou van Prins Andrew.
- 24 Oktober – Brad Johnson, Amerikaanse akteur († 2022).
- 28 Oktober – Lawrence Scarpa, Amerikaanse argitek.
- 29 Oktober – John Magufuli, Tanzaniese president († 2021).
- 10 November – Marthinus van Schalkwyk, Suid-Afrikaanse politikus,gewese minister van toerisme.
- 18 November – Christine Barkhuizen le Roux, Afrikaanse digter en skryfster van kortverhale en romans († 2020).
- 20 November – Orlando Figes, Britse geskiedkundige en skrywer.
- 22 Desember – Johann de Lange, Afrikaanse digter.
- 25 Desember – Thandi Modise, Suid-Afrikaanse politikus, tans Speaker van die Nasionale Vergadering.
Sterftes
- 29 Januarie – Pauline Janet Smith, Suid-Afrikaanse skryfster (* 1882).
- 1 Februarie – Madame Sul-Te-Wan, Amerikaanse aktrise (* 1873).
- 7 Februarie – Daniël François Malan, politikus en staatsman, Eerste Minister van Suid-Afrika (* 1874).
- 9 April – Frank Lloyd Wright, Amerikaanse argitek (* 1867).
- 23 April – Dr. Colin Steyn, regsgeleerde, kabinetsminister en laaste Vrystaatse Volksraadslid van die Verenigde Party (* 1887).
- 16 Mei – Elisha Scott, Noord-Ierse sokkerdoelwagter en afrigter (* 1894).
- 9 Julie – T.P.N. Coetsee, Suid-Afrikaanse politikus en merinoteler (* 1874).
- 11 Oktober – Oswald Pirow, Suid-Afrikaanse politikus en regsgeleerde (* 1890).
- 16 Oktober – George C. Marshall, 'n Amerikaanse vyfster-generaal (* 1880).
- 18 Oktober – Casparus de Wet, Gereformeerde predikant, hoogleraar en skrywer (* 1887).
- 29 Oktober – Edith Clarke, 'n Amerikaner en die eerste vroulike elektriese ingenieur (* 1883).
- 25 November – E.G. Jansen, Suid-Afrikaanse politikus en agste Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (* 1881).
- 15 Desember – Dr. Louis Viljoen Rex, predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk en actuarius van die Sinode van die Tvl-Suidstreek (* 1907).
- 29 Desember – Leila Reitz, eerste vrou in Suid-Afrika se Volksraad (* 1887).