Obeliai
Obeliai is 'n klein stad in Litaue se Rokiškis-distrik. Die omliggende gebied staan as "klein Switserland" bekend, omrede se baie mere en natuurskoon. Die plek beskik oor 'n treinstasie, maar dit het in onbruik verval. Die eerste verwysing na Obeliai strek terug na die 16de eeu.
Obeliai | |
---|---|
Die Sint-Anne-kerk in Obeliai | |
Koördinate: 55°56′0″N 25°48′0″O / 55.93333°N 25.80000°O | |
Land | Litaue |
Etnografiese streek | Aukštaitija |
Rajonmunisipaliteit | Rokiškis |
Eerste verwysing | 1519 |
Stadstatus | 1956 |
Bevolking | |
• Totaal | 1 335 |
Tydsone | UTC+2 (OET) |
• Somertyd | UTC+3 (OEST) |
Joe Slovo, 'n voormalige Suid-Afrikaanse politikus en leier van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, is in 1926 hier gebore.
In Augustus 1941 is al die Joodse inwoners van die dorp en die omliggende dorpe deur die Nazi's in die Antanašė-woud vermoor. Die inwoners moes hulle eie grafte grou, waarna hulle geskiet en toegegooi is. Volgens amptelike verslae van die Duitse weermag is 1 160 Jode, waaronder 112 mans, 627 vroue, en 421 kinders op 25 Augustus 1941 gedood.[1]
Obeliai ontvang stadsregte in 1957. Die stad se wapen is op 8 Augustus 1993 toegestaan. Geen wapen is voor dit gebruik nie.
Verwysings
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Obeliai.