J.M. Coetzee
John Maxwell Coetzee (gebore 9 Februarie 1940) is 'n Suid-Afrikaansgebore skrywer. Hy word as die mees bekroonde lewende skrywer in die Engelssprekende wêreld beskou.[1] Hy is die eerste skrywer aan wie die Bookerprys twee keer toegeken is en in 2003 ontvang hy die Nobelprys vir Letterkunde.[2] Sy werk sluit in die romans Life & Times of Michael K, Disgrace, Waiting for the Barbarians, The Master of Petersburg, Slow Man en Diary of a Bad Year, en die gefiksionaliseerde outobiografieë Boyhood: Scenes from Provincial Life, Youth: Scenes from Provincial Life en Summertime. Onder sy essays tel Doubling the Point: Essays and Interviews, Giving Offence: Essays on Censorship, en Stranger Shores: Literary Essays, 1986–1999.
J.M. Coetzee | |
---|---|
J. M. Coetzee in Warskou (2006) | |
Gebore | John Maxwell Coetzee 9 Februarie 1940 |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaans Australies |
Beroep | Romanskrywer, essayis, literatuurkritikus, taalkundige, vertaler |
Toekennings | Booker-prys (1983) Prix Femina Étranger (1985) The Irish Times International Fiction Prize (1995) Booker-prys (1999) Nobelprys vir Letterkunde (2003) |
Lewensloop
wysigJohn Maxwell Coetzee is op 9 Februarie 1940 in Kaapstad gebore. Hy het aan die Universiteit van Kaapstad gestudeer, en het in wiskunde en Engels gekwalifiseer.
In die vroeë 1960's het hy in Engeland gewoon, waar hy onder andere as rekenaarprogrameerder gewerk het. Hy het daaroor in Youth (2002) geskryf. Hy het daarna in die VSA gestudeer, en het as dosent in Engels en literatuur daar gewerk. In 1971 het hy terug na Suid-Afrika gekom, in 1984 word hy professor by die Universiteit van Kaapstad.
Hy was die eerste skrywer wat twee keer die Booker-prys gewen het, vir Life & Times of Michael K in 1983, en Disgrace in 1999.
In 2003 is die Nobelprys vir Letterkunde aan hom toegeken, die vierde persoon van Afrika, en tweede van Suid-Afrika wat die prys verwerf (die ander was Nadine Gordimer).
Coetzee is op 14 Junie 2010 in Amsterdam benoem tot Ridder in de Orde van de Nederlandse Leeuw, die oudste en hoogste Nederlandse siviele orde. Tydens die seremonie is hy geprys vir sy rol as verbindingsoffisier tussen die Suid-Afrikaanse en Nederlandse kulture.[3]
Hy woon sedert 2002 in Adelaide, Australië, waar hy burgerskap ontvang het. ’n Biografie oor hóm deur J.C. Kannemeyer, J.M. Coetzee – ’n geskryfde lewe, het in 2012 verskyn.
Romans, bibliografiese skrywes en essays
wysig- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Bibliografie van J. M. Coetzee.
- Dusklands (1974) ISBN 0-14-024177-9
- In the Heart of the Country (1977) ISBN 0-14-006228-9
- Waiting for the Barbarians (1980) ISBN 0-14-006110-X
- Life & Times of Michael K (1983; Bookerprys) ISBN 0-14-007448-1
- Foe (1986) ISBN 0-14-009623-X
- White Writing: On the Culture of Letters in South Africa (1988) ISBN 0-300-03974-3
- Boyhood: Scenes from Provincial Life (1998) ISBN 0-14-026566-X
- Age of Iron (1990) ISBN 0-14-027565-7
- The Master of Petersburg (1994)
- Giving Offense: Essays on Censorship (1997) ISBN 0-226-11176-8
- Disgrace (1999; Bookerprys) ISBN 0-09-928952-0
- The Lives of Animals (1999) ISBN 0-691-07089-X
- Youth: Scenes from Provincial Life II (2002) ISBN 0-670-03102-X
- Stranger Shores: Literary Essays, 1986–1999 (September 2002) ISBN 0-14-200137-6
- Elizabeth Costello (2003) ISBN 0-670-03130-5
- Slow Man (2005) ISBN 0-670-03459-2
- Diary of a Bad Year (2005) ISBN 1-84655-120-X
- Inner Workings: Literary Essays, 2000–2005 (2007) ISBN 0-09-950614-9
- Summertime (2009) ISBN 1-84655-318-0
- Here and Now: Letters, 2008–2011 (2013) ISBN 0-670-02666-2, 'n versameling briewe wat Coetzee met Paul Auster verwissel het
- The Childhood of Jesus (2013) ISBN 978-1-84655-726-2
- The Schooldays of Jesus (2016) ISBN 978-1-91121-535-6
- Late Essays: 2006-2017 (Londen: Harvill Secker, 2017) ISBN 978-1-91121-543-1
- The Death of Jesus (2019) ISBN 978-1-92226-828-0
- The Pole (2022) [4]
Verwysings
wysig- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
- ↑ "The Nobel Prize in Literature 2003" (in Engels). Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Julie 2018. Besoek op 7 Oktober 2017.
- ↑ J.M. Coetzee word Nederlandse ridder Geargiveer 19 Mei 2010 op Wayback Machine, Nuus24, besoek op 16 Mei 2010.
- ↑ Harbour, Berna González (13 September 2022). "J. M. Coetzee: 'After many years of practice, I write good English sentences'". EL PAÍS Engelse uitgawe.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie J.M. Coetzee.