1997
jaar
1997 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1992 | 1993 | 1994 | 1995 | 1996 | ◄ 1997 ► | 1998 | 1999 | 2000 | 2001 | 2002 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1997 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Prinses Diana verongeluk op 31 Augustus 1997. | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1997 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 97ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
wysig- 1 Januarie – Roemenië sluit aan by die Sentraal-Europese Vryehandelsooreenkoms.
- 13 April – Tiger Woods word die jongste gholfspeler om die gesogde Amerikaanse Meesterstoernooi te wen.
- 1 Julie – Die voormalige Britse kolonie Hongkong word weer deel van die Volksrepubliek China.
- 23 Julie – Laos en Mianmar sluit aan by die ASEAN.
- 7 September – Prinses Diana van Wallis word in die Verenigde Koninkryk begrawe.
- 7 September – Die eerste toetsvlug van die F-22 Raptor vind plaas.
- 4 Oktober – Tafelberg kry twee nuwe kabelkarre op sy sweefspoor, wat in die rondte kan draai vir beter uitsig.
- 12-21 Desember – Die eerste Sokker-Konfederasiebekertoernooi word in Saoedi-Arabië gespeel.
- 14 Desember – Die Irannese president Mohammed Khatami kondig aan dat hy bereid is om weer 'n dialoog te voer met die Verenigde State, die eerste dergelike aanmerking sedert die Irannese Rewolusie in 1979.
Geboortes
wysig- 10 Februarie – Chloë Grace Moretz, Amerikaanse aktrise.
- 25 Februarie – Isabelle Fuhrman, Amerikaanse aktrise.
- 25 Februarie – Ana Mena, Spaanse sangeres.
- 14 Maart - Simone Biles, Amerikaanse gimnas.
- 18 Maart – Ciara Bravo, Amerikaanse aktrise en sangeres.
- 18 Maart – Rieko Ioane, Nieu-Seelandse rugbyspeler.
- 27 Maart – Lalela Mswane, Suid-Afrikaanse model en skoonheidskoningin, Mej Suid-Afrika 2021.
- 27 Maart – Lalisa Manoban, Thaise popmusieksangeres.
- 1 April – Asa Butterfield, Britse akteur.
- 15 April – Maisie Williams, Britse aktrise.
- 25 Junie – Curwin Bosch, Springbokrugbyspeler.
- 9 Julie – Tatjana Schoenmaker, Suid-Afrikaanse vroueswemmer.
- 12 Julie – Malala Yousafzai, Pakistanse kinderregteaktivis.
- 18 Julie - Noah Lyles, Amerikaanse atleet.
- 24 Julie – Natasha Joubert, Suid-Afrikaanse sangeres en skoonheidskoningin.
- 1 Augustus – Refentse Morake, Afrikaanse ligte sanger.
- 3 Oktober – Jo-ane Van Dyk, Suid-Afrikaanse baan- en veldatleet wat aan die spiesgooi deelneem.
- 8 Oktober – Bella Thorne, Amerikaanse aktrise en sangeres.
- 16 Oktober – Naomi Osaka, Japannees-Amerikaanse tennisspeler.
- 28 Oktober – Sierra McCormick, Amerikaanse aktrise.
- 30 September – Max Verstappen, Nederlandse Formule Eenberoepsrenjaer.
- 16 Oktober – Charles Leclerc, Monegaskiese Formule Eenberoepsrenjaer.
Sterftes
wysig- 5 Januarie – Kas van den Bergh, Afrikaanse skrywer (* 1925).
- 17 Januarie – Clyde Tombaugh, Amerikaanse sterrekundige wat Pluto ontdek het (* 1906).
- 21 Januarie – Jaco Reinach, Springbokrugbyspeler en atleet (* 1962).
- 1 Februarie – Victor Ivanoff, Suid-Afrikaanse kunstenaar, spotprenttekenaar en sanger (* 1909).
- 17 Februarie – Berta Smit, Suid-Afrikaanse uitgewer en Afrikaanse skrywer (* 1926).
- 18 Februarie – Antonio de Almeida, Franse dirigent en musikoloog (* 1928).
- 22 Mei – Herman De Coninck, 'n Belgiese digter, essayis, joernalis en uitgewer (* 1944).
- 6 Junie – Elize Botha, voormalige presidentsvrou (* 1922).
- 6 Junie – Magda Gabor, Hongaars-Amerikaanse aktrise en sosiale vlinder (* 1915).
- 25 Junie – Jacques-Yves Cousteau, oseanograaf.
- 28 Junie – Anna Böeseken, kenner van die geskiedenis van die Nederlandse bewind aan die Kaap die Goeie Hoop en skryfster (* 1905).
- 2 Julie – James Stewart, Amerikaanse akteur (* 1908)
- 8 Julie – F.A. Venter, Afrikaanse skrywer (* 1916)
- 24 Julie – Brian Glover, Britse akteur, skrywer en stoeier. (* 1934)
- 15 Augustus – Ida Gerhardt, klassikus en Nederlandse digteres van die na-simboliese tradisie (* 1905).
- 31 Augustus – Prinses Diana van Wallis sterf ná 'n motorongeluk in Parys, Frankryk (* 1961)
- 2 September – Viktor Frankl, Oostenrykse neuroloog (* 1905).
- 5 September – Moeder Teresa, op die ouderdom van 87 in Kolkata, Indië (* 1910).
- 5 September – Georg Solti, Hongaarse orkes- en operadirigent (* 1912).
- 9 September – Burgess Meredith, Amerikaanse akteur (* 1907).
- 30 September – Ernst van Heerden, Afrikaanse digter (* 1916).
- 12 Oktober - John Denver, Amerikaanse sanger (* 1943)
- 29 Oktober – Anton LaVey, stigter en Hoëpriester van die Kerk van Satan (* 1930).
- 22 November – Michael Hutchence, Australiese sanger (* 1960).