Islam
Islam (Arabies: الإسلام, al-ʾIslām, [alʔisˈlaːm], ) is een van die drie groot monoteïstiese godsdienste, saam met Christendom en Judaïsme. Volgelinge van Islam staan bekend as Moslems1.
Die godsdiens steun op die beweerde verligting van die profeet Mohammed, wat sy "goddelike openbarings" in die Koran neergeskryf het, en die Soenna, die mondelinge oorlewering. Albei staan onder die invloed van heidens-Arabiese, Joodse, Christelike en gnostiese tradisies en leerstellings.
Nes Christendom en Judaïsme is Islam 'n Abrahamitiese geloof en dus glo Moslems dat Adam, Noag, Abraham, Moses en Jesus heilige profete van Allah is.[1] Moslems glo ook dat die mens in die Laaste Oordeel geoordeel sal word op grond van sy handelinge en dienooreenkomstig na die paradys of die hel gestuur sal word. Vir hulle is daar geen ander god as Allah nie, en Mohammed is sy laaste profeet.[2] Allah beteken letterlik "die God" in Arabies.
Die land met die grootste Moslembevolking is Indonesië.[3] Die grootste Moslembevolkings is meestal in Afrika en Asië geleë. Moslems kan hoofsaaklik in twee godsdienstige denominasies verdeel word – Soenniete (75–90%) en Sjiiete (10–20%). Met sowat 1,8 miljard volgelinge wat soveel as 24% van die wêreldbevolking bevat, is Islam dus die tweede grootste godsdiens. Islam is ook die vinnigste groeiende godsdiens ter wêreld.[4][5][6]
Betekenis van die woord "Islam"
wysigDie woord Islam beteken onderwerping en wys op die geloofsbeginsels dat 'n aanhanger van Islam homself onderwerp aan Allah (God) se wil.
Geskiedenis
wysigVroeë verspreiding van Islam
wysig- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Mohammed.
Volgens Moslems is Islam gegrond op God se openbaringe aan die profeet Mohammed. Dié is omstreeks 571 in die stad Mekka in Arabië gebore en het op sowat veertigjarige leeftyd met sy predikings begin.
Koran en Hadit
wysigMoslems glo dat die profeet Mohammed God se woorde in die Koran van die aartsengel Gabriël ontvang het. Die Koran is die godsdienshandboek van Islam. Die aartsengel Gabriël in 'n menslike gedaante aan Mohammed verskyn terwyl hy in 'n grot naby Mekka gemediteer het. Die nag toe dit gebeur het, staan bekend as Lailat al-'Kadr, maar die presiese datum is onbekend en word nie eens in die Koran genoem nie.[7][8]
Gebruike en rituele in Islam
wysigDie Vyf Pilare van die Islam
wysig- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Vyf Pilare van die Islam.
- Geloof: Die getuienis (sjahada in Arabies) van die Islamitiese geloof dat daar geen ander God as God bestaan nie, en dat Mohammed sy boodskapper is.
- Gebed: Moslems kniel gereeld op 'n gebedmat om vyf keer per dag in die rigting van Mekka te bid. Baie matte het deesdae ook 'n spesiale kompas om vir die bidder aan te dui in watter rigting Mekka is. Gebed staan bekend as salaah. Die Vrydaggebed vind op die "dag van versameling" (يوم الجُمْعَة, Jaum al-djoem'a) in die moskee plaas.
- Liefdadigheid: Moslems wat genoeg geld het, moet hulle aalmoese (zakaat) aan verarmde mense skenk.
- Vas: Tydens die maand Ramadan, die negende maand van die Islamitiese jaar moet Moslems vas (pwasa). Na hierdie vas kom die Eid-oel-Fiter-fees.
- Pelgrimstog (hadj): Moslems moet die stad van Mekka in Saoedi-Arabië minstens een keer besoek.
Heilige plekke
wysigMekka, Medina, Jerusalem en Hebron vorm die vier heilige stede van Islam.[9]
Mekka
wysig- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Mekka.
Die groot moskee in Mekka is om die Kaäba gebou. In die muur van die Kaäba is die Swart Steen, wat volgens die Moslems uit die hemel geval het as 'n teken van die eerste verbond tussen God en die mensdom.
Die Kaäba is Islam se heiligste plek. Elke Moslem wat gesond en vry van skuld is en die reis kan bekostig, moet die pelgrimstog na Mekka minstens een keer in sy lewe onderneem om die Kaäba en ander heilige plekke te besoek.
Medina
wysig- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Medina.
Die Moskee van die Profeet bevat die graf van die profeet Mohammed en maak dié stad die tweede heiligste binne Islam. Dit vorm deel van die jaarlikse hadj van Moslems.
Jerusalem
wysig- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Jerusalem.
Jerusalem (القُدس; al-Quds, "die Heilige") word in Islam as 'n heilige plek beskou, aangesien die profeet Mohammed volgens oorlewering na 'n gebed op 'n rots van hier na die hemel opgevaar het. Tot in die jaar 624 het die Moslems in die rigting van Jerusalem gebid.
Omar, die tweede regmatige kalief, word na die Arabiese verowering van Jerusalem in die jaar 637 deur die patriarg van die stad uitgenooi om by die heilige plekke te bid. Hy wys dit egter van die hand om nie die gevoelens van die Christene te krenk nie. Die Islamitiese heersers van Jerusalem belemmer dan ook nóg voor nóg na die Kruistogte die pelgrimstogte van Christelike gelowiges na Jerusalem.
Hebron
wysig- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Hebron.
In Hebron is die Grot van die Patriarge geleë wat van die stad die vierde heiligste in Islam maak.
Feeste en herdenkings
wysig- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Lys van Islamitiese feeste en herdenkings.
Eid-oel-Adha (Offerfees) en Eid-oel-Fiter (Suikerfees) is die twee heiligste feeste in Islam en word deur Moslems wêreldwyd algemeen aanvaar. Daarbenewens vier aparte Islamitiese groeperinge nog verskillende feeste; van hulle het verskeie oorspronge en tradisies. Van die vernaamste feeste en herdenkings sluit in Asjoera, Lailat al-'Kadr en Mawlid an-Nabi.
Groeperinge in Islam
wysig- Soenniete
- Sjiiete
- Volks-Islam
- Wahabi
- Ibadi
- Salafisme
- Alawitisme
- Alevitisme
- Ahl-e Haqq (Yarsani)
Islamitiese mistisisme
wysig- Sien ook: Soefisme
Notas
wysig- Daar word soms na Moslems verwys as "Mohammedane". Die term word egter as beledigend ervaar aangesien dit suggereer dat hulle die profeet Mohammed aanbid, wat nie die geval is nie. Die term het in elk geval in Afrikaans grootliks in onbruik verval.
Verwysings
wysig- ↑ (en) "People of the Book". Islam: Empire of Faith. Public Broadcasting Service. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 November 2019. Besoek op 18 Desember 2010.
- ↑ (ar) (en) quran.com: [1]
- ↑ (en) Islam in Indonesia: Contrasting Images and Interpretations, bl. 68, Kees van Dijk – 2013
- ↑ (en) PBS – Islam: Empire of Faith – Faith – Islam Today.
- ↑ (en) Lippman, Thomas W. (7 April 2008). "No God But God". U.S. News & World Report. Besoek op 24 September 2013.
- ↑ (en) Burke, Daniel (4 April 2015). "The world's fastest-growing religion is ..." CNN. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020. Besoek op 18 April 2015.
- ↑ (en) Amirul Hadi. Islam and state in Sumatra: a study of seventeenth-century Aceh. p. 128. ISBN 978-9004129825.
- ↑ (en) Marjo Buitelaar. Fasting and feasting in Morocco: women's participation in ramzan. p. 64. ISBN 978-0-85496-321-8.
- ↑ (en) "Hebron". Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Maart 2020. Besoek op 13 Januarie 2019.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Islam. |
Algemeen
wysig- (en) "Islam". Encyclopædia Britannica. Besoek op 13 Januarie 2019.
- (nl) Sentrum vir Islam in Europa (CIE) – Universiteit Gent, België Geargiveer 30 Augustus 2005 op Wayback Machine
- (nl) Islam en burgerskap
- (nl) Islamitiese dialoog- en inligtingsentrum – België Geargiveer 25 Junie 2005 op Wayback Machine
- (nl) KifKif – Interkulturele werf van Vlaandere
- (de) (en) Islam in Wes-Europa Geargiveer 6 Februarie 2007 op Wayback Machine, Islam uit Suid-Asië Geargiveer 3 Maart 2008 op Wayback Machine
- (nl) Startpagina Islam
- (nl) Inderhoud met Olivier Roy by NOVA Geargiveer 27 September 2007 op Wayback Machine
- (en) Die rol van Islam in Slawerny in Afrika
Islam in Suid-Afrika
wysig- (af) Moslems herdenk 200 jaar van Islam Geargiveer 16 Januarie 2006 op Wayback Machine in Die Burger
- (af) Man Werk 9 Jaar om Koran in Afrikaans oor te Skryf Geargiveer 15 Desember 2005 op Wayback Machine
- (af) Moslemgemeenskap van die Strand Geargiveer 10 Januarie 2006 op Wayback Machine
- (en) South Africa: Many Muslims, One Islam Geargiveer 25 November 2005 op Wayback Machine
- (af) Jamiatul Ulama Raad van Moslem Teoloë in KZN
- (en) Radio Islam
Moslemkultuur
wysig- (af) Operasie Timboektoe vir Bewaring van Moslem-Kultuurskat Geargiveer 6 September 2005 op Wayback Machine
- (af) Gabeba Baderoon: Eers die vlakte, nou die wêreld in Boekwurm
- (en) Bo-Kaap
- (en) iziko bo-kaap museum Geargiveer 10 Maart 2007 op Wayback Machine
- (en) Bo Kaap Cape Town Geargiveer 31 Augustus 2005 op Wayback Machine op owls-werf
Islamitiese skakels
wysig- (en) Al-Yaqeen.com
- (nl) https://fitrahtawheed.nl
- (nl) Al-Islaam.com – Grootste Islamitiese werf van Nederland
- (nl) Islamlinks – Werf met skakels na baie Islamitiese werwe Geargiveer 15 Junie 2013 op Wayback Machine