1913
jaar
1913 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1908 | 1909 | 1910 | 1911 | 1912 | ◄ 1913 ► | 1914 | 1915 | 1916 | 1917 | 1918 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1913 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Der Turm der blauen Pferde, Franz Marc 1913 | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1913 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 13de jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
wysig- Die sogenaamde Natives Land Act II word ingestel wat privaat eienaarskap van eiendom aan swart mense verbied.
- Kampsbaai en ander kleiner munisipaliteite word ingelyf by Kaapstad.
- 12 Maart – Canberra word die hoofstad van Australië.
- 13 Mei – Igor Sikorsky word die eerste persoon wat 'n viermotorige vliegtuig vlieg.
- 14 Mei – Die Frans Hals Museum word geopen in Haarlem, Noord-Holland.
- 29 Mei – Igor Strawinski se tweeledige avantgardistiese ballet- en orkesstuk Le Sacre du printemps word vir die eerste keer deur die Russiese balletgeselskap Ballets Russes in die Paryse Théâtre des Champs-Élysées opgevoer.
- 24 Junie – Griekeland en Serwië herroep hul alliansie met Bulgarye.
- 29 Junie – Die tweede Balkan-oorlog begin.
- 1 November – Die Tintenpalast in Windhoek word amptelik ingewy.
- 5 November – Die mal koning Otto van Beiere word deur sy neef, kroonprins Ludwig, onttroon wat dan die titel Ludwig III aanneem.
- 21 Desember – Eerste blokkiesraaisel word in die New York World gepubliseer.
Geboortes
wysig- 6 Januarie – Loretta Young, Amerikaanse aktrise († 2000).
- 9 Januarie – Richard Nixon, Amerikaanse politikus en staatsman; 37ste President van die Verenigde State († 1994).
- 15 Januarie – Lloyd Bridges, Amerikaanse akteur († 1998).
- 25 Januarie – Robey Leibbrandt, bokser en politieke stormvoël († 1966).
- 30 Januarie – Amrita Sher-Gil, Indiese skilderes († 1941).
- 4 Februarie – Rosa Parks, Amerikaanse burgerregte aktivis († 2005).
- 26 Februarie – Paula Styger, Suid-Afrikaanse aktrise († 2000)
- 14 Maart – Osvaldo Moles, Brasiliaanse radio-gasheer en joernalis († 1967).
- 28 Maart – Fred le Roux, Afrikaanse joernalis, lektor en redakteur († 1984)
- 6 April – Gabriel de Jongh, 'n bekende Suid-Afrikaanse landskapskilder († 2004).
- 5 Mei – Tyrone Power, Amerikaanse akteur († 1958)
- 31 Mei – W.E.G. Louw, Afrikaanse digter († 1980)
- 3 Junie – Jack Cope, Suid-Afrikaanse skrywer, digter asook ’n redakteur († 1991)
- 4 Julie – Ulderico Sergo, bokser van Italië.
- 14 Julie – Gerald Ford, 38ste President van die Verenigde State († 2006).
- 18 Julie – Anna Cloete, Suid-Afrikaanse aktrise († 1999).
- 20 Julie – Francois Krige, Suid-Afrikaanse kunstenaar. Broer van die skrywer Uys Krige († 1994).
- 16 Augustus – Menachem Begin, Israeli premier († 1992).
- 1 September – Harlan Parker Banks, Amerikaanse paleobotanis († 1998).
- 11 September – Hein Riess, Duitse akteur († 1993).
- 12 September – Jesse Owens, Amerikaanse atleet († 1980).
- 27 Oktober – Prof. H.J.J.M. van der Merwe, Afrikaanse taalkundige († 1974).
- 2 November – Burt Lancaster, Amerikaanse akteur († 1994).
- 5 November – Vivien Leigh, Britse aktrise († 1967)
- 21 November – Gerhard Beukes, Afrikaanse skrywer († 1998).
- 22 November – Benjamin Britten, Engelse komponis, dirigent en pianis († 1976).
- 1 Desember – Mary Martin, Amerikaanse aktrise († 1990).
- 8 Desember – De Villiers Graaff, Suid-Afrikaanse politikus († 1999)
- 18 Desember – Willy Brandt, Duitse politikus, 4de kansellier van Duitsland, Nobelpryswenner († 1992).
- 31 Desember – Anna M. Louw, Afrikaanse skrywer en 'n wenner van die Hertzogprys († 2003).
Sterftes
wysig- 4 Januarie – Alfred von Schlieffen, Duitse generaal en militêre strateeg (* 1833).
- 4 Februarie – Gordon Sprigg, voormalige eerste minister van die Kaapkolonie (* 1830).
- 25 Maart – Lord Garnet Wolseley, 'n Britse Veldmaarskalk (* 1833).
- 31 Maart – J.P. Morgan, Amerikaanse finansier, bankier, filantroop en kunsversamelaar (* 1837).
- 23 September – Sir Walter Francis Hely-Hutchinson, die laaste goewerneur van die Kaapkolonie (* 1849).
- 30 September – Rudolf Diesel, Duitse ingenieur en uitvinder (* 1858).
- 13 Oktober – Lindsay Eddie, Suid-Afrikaanse amateur-sterrekundige (* 1845).
- 16 November – Abraham Fischer, enigste eerste minister van die Oranjerivierkolonie (* 1850).
- 12 Desember – Menelik II, keiser van Ethiopië (* 1844).