26 Januarie
datum
<< | Januarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
26 Januarie is die 26ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 339 dae in die res van die jaar (340 in skrikkeljare).
Gebeure
- 1560 – Giovanni Antonio Facchinetti (later Pous Innocentius IX) word biskop van Nicastro in Calabrië.
- 1564 – Pous Pius IV bevestig die besluite van die konsilie van Trente in sy bul Benedictus Deus.
- 1653 – Switserse Boereoorlog: Die begin van die Switserse Boereoorlog. Die boere van die Entlebuch-vallei kom in opstand teen verhoogde belastings van die stad Bern.
- 1700 – ’n Aardbewing van 9 op die Richterskaal vind langs die Amerikaanse Stille Oseaankus plaas soos getuig uit Japannese tsoenamirekords.
- 1788 – Die Britse Eerste Vloot, gelei deur Kaptein Arthur Phillip, land by Sydney Cove net buite die hedendaagse Sydney om die eerste permanente Europese vesting in Australië te vestig.
- 1837 – Michigan word die 26ste deelstaat van die Verenigde State.
- 1862 – Tydens die Amerikaanse Burgeroorlog skei Louisiana van die Unie af. Federale troepe verower die stad New Orleans op 25 April.
- 1905 – Die ontdekking van die Cullinan-diamant naby Pretoria in die Premiermyn.
- 1950 – President Rajendra Prasad volg Rajaji die laaste Goewerneur-Generaal van Indië op as staatshoof en Opperbevelvoerder van die Indiese gewapende magte.
- 1962 – Bouwerk begin aan die Pretoriase Kunsmuseum in Arcadia, Pretoria.
- 1983 – Lotus 1-2-3, ’n gewilde sigbladprogram word vir die eerste keer vrygestel.
Geboortes
- 1863 – Samuel Cronwright, boer, politikus, eggenoot van die skrywer Olive Schreiner († 1936).
- 1867 – Ds. Paul Nel, leraar van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en moderator van die Transvaalse Kerk († 1943).
- 1880 – Douglas MacArthur, 'n generaal in die Amerikaanse Weermag († 1964)
- 1925 – Paul Newman, Amerikaanse akteur († 2008).
- 1942 – De Villiers Lamprecht, 'n Suid-Afrikaanse atleet en die eerste Suid-Afrikaner wat daarin kon slaag om 'n droommyl af te lê.
Sterftes
- 1823 – Edward Jenner, 'n Britse dokter wat 'n entstof teen pokke ontwikkel het (* 1749).
- 1990 – Johannes du Plessis Scholtz, 'n Suid-Afrikaanse skrywer, taalhistorikus en kunsversamelaar (* 1900).
- 2007 – David Rattray, Suid-Afrikaanse historikus (* 1958).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
- Australië – Nasionale Australië-dag: ter herdenking aan Europese vestiging in Australië.
- Indië – Herdenk die dag waarop die land ´n republiek geword het.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 26 January. |