3720 шанувальників
Charlize was een van die jongste kunstenaar wat op 19 jare ouderdom in 2011 en 2012 by groot vertonings soos Skouspel opgetree het. Van die ander vertonings op haar lys was Huisgenoot Tempo Toekenings, Jacaranda Pops, Jacaranda & Spar Carols by Candlelight opelug konsert, die "South African Music Awards"(SAMA’s), Starlight opelug konsert, S.A Rugby Gala aand, Innibos Fees Huisgenoot Hoof verhoog, KKNK Hoof verhoog, Doringrosie Teater Produksie asook talle feeste. In 2013 het Charlize die geleentheid gekry om saam Heinz Winckler met trots die Landslied te sing op Loftus versveld met ‘n toets wedstryd tuseen die Springbokke en Australië.
Charlize is bekend vir haar duette saam groot bekendes in die musiek bedryf wat onder andere Kurt Darren, Heinz Winckler, Ray Dylan, Joe Forster en Romanz insluit. Haar eerste debuut album genaamd “Charlize Berg” is uitgereik in 2011 wat liedjies soos “Hemel op Tafelberg”, “Waar is jy Romeo” en die bekende duet saam Heinz Winckler, “You&I” insluit. Haar Debuut Album “Charlize Berg” is in 2013 opgevolg deur ‘n Delux Weergawe”, ‘n verwerking van die debuut album wat agt nuwe treffers insluit.
Charlize het in 2013 die geleentheid gehad om in LA (Amerika) liedjies te skryf en op te neem saam die welbekende Pam Sheyne (Internationale Liedjieskrywer). Sy het ook gedurende hierdie tyd aan die jaarlikse Muse Expo wat in LA (Amerika) vir Internationale opkomende kunstenaars gehou word deelgeneem.
Charlize is opgewonde oor haar nuwe album en was deel van die skryfproses en die kies van elke liedjie, “so dit beteken vir my iets persoonliks en gee ’n stukkie van my hart” sê Charlize.
Volgens haar kan bewonderaars beslis ’n unieke album verwag, van saamsing-liedjies tot danstreffers en ballades. Sy sê: “Die album is geïnspireer deur liefde. Om jouself op te tel na hartbreek of om by ’n punt te kom in jou lewe waar liefde jou altyd sal inspireer om onvoorwaardelik jouself te kan wees.”