My nuwe enkelsnit 'Lief' saam Jacob Swann is NOU beskikbaar!
Karlien van Jaarsveld het in Afrikaanse musiekliefhebbers se harte gekruip met haar eerste treffers, Jakkals Trou Met Wolf se Vrou en Beter As Liefde. Enkele weke na die uitreiking van haar eerste album, Jakkals Trou Met Wolf se Vrou, het dié album platinumstatus bereik en het Karlien ’n huishoudelike naam geword.
Haar nuutste album, Sing vir Liefde, was ook ’n weghol-sukses en het binne die eerste maand na dit die rakke getref het, reeds goue status behaal. Die musiekvideo van dié titelsnit is reeds meer as 2 miljoen kere op YOUTube gekyk. Karlien se vertonings weerspieël haar passie vir dit wat sy doen en haar energie op die verhoog is aansteeklik.