Luister na my nuutste enkelsnit "Sprokie" saam met Early B nou!
Bobby van Jaarsveld het op die jong ouderdom van sewentien jaar oud die Afrikaanse musiekbedryf oorrompel met sy eerste album, Duisend Ure, wat in 2006 vrygestel is. Nadat hy in dieselfde jaar die toekenning vir Beste Nuweling by die Huisgenoot Tempo-toekennings ontvang, word daar voorspel dat hy nog een van Suid-Afrika se grootste kunstenaars gaan word. Bykans vyftien jaar later is Bobby wel een van die land se grootste kunstenaars wat spog met treffer na treffer. Liedjies soos Spieëltjie, Net Vir Jou, Kyk Waar is Ons Nou en Net ’n Man, is om maar net ’n paar van dié liedjies te noem wat daagliks op radiogolwe landwyd gespeel word.
Bobby se verhoogpersoonlikheid gaan jou meevoer van die oomblik wat hy op die verhoog is en hy spog met ’n wye spektrum aanhangers van tussen 8 en 80 jaar oud.