Yorkshire
Yorkshire | |
---|---|
Vlag Wit Roos van York |
Ligging in Engeland (1851) |
Seremoniële graafskap Yorkshire | |
Hoofstad | York |
Oppervlakte | 11 903 km2 (1991) |
Bevolking | 3 978 484 (1991) |
Bevolkingsdigtheid | 334,2 inw./km2 (1991) |
Administratiewe (nie-metropolitaanse) graafskap | |
Streek | Yorkshire |
Administratiewe setel | York |
ISO 3166-2: | GB-YKS |
Oppervlakte | 2 043,33 km2 (1991) |
Bevolking | 3 978 484 (1991) |
Bevolkingsdigtheid | 334,2 inw./km2 (1991) |
Distrikte en Unitêre owerhede | |
Yorkshire [ˈjɔrkʃər] is 'n historiese graafskap in die noorde van Engeland. Ten opsigte van sy oppervlakte is dit die grootste in die Verenigde Koninkryk,[1] en danksy stedelike agglomerasies soos Leeds, Sheffield en Bradford ook die mees bevolkte buite Groter Londen. Talle van sy funksies is gaandeweg deur sy administratiewe onderafdelings oorgeneem. Terwyl ook hierdie onderafdelings intussen deur administratiewe hervormings verander is, word Yorkshire steeds as 'n geografiese gebied en kulturele streek beskou. Sy naam word algemeen in die media en die militêre sfeer (Yorkshire Regiment) gebruik en leef daarnaas voort in die name van huidige administratiewe eenhede soos Noord-Yorkshire, Suid-Yorkshire, Wes-Yorkshire en Oos-Yorkshire (amptelik: East Riding of Yorkshire).
Binne die grense van die historiese graafskap Yorkshire is streke geleë wat by die groenste gebiede in Engeland gereken word, met uitgestrekte en ongerepte landskappe soos in die Yorkshire Dales en die North York Moors. Ook sommige van Yorkshire se groter nedersettings het 'n oop karakter danksy hul groen ruimtes.
Aan Yorkshire is byname soos God's Own Country gegee. Die graafskap se embleem is die wit roos van die Engelse koninklike Huis van York, terwyl die gebruiklikste vlag die Wit Roos teen 'n donkerblou agtergrond toon. Dit is op 29 Julie 2008 deur die Britse Flag Institute amptelik erken. Yorkshire se kulturele erfenis, wat van sy lang geskiedenis tot sy eie plaaslike dialek en aksent strek, word jaarliks op 1 Augustus op Yorkshire Day gevier.
Toponimie
[wysig | wysig bron]Die naam Yorkshire verwys na die feit dat die graafskap oorspronklik die administratiewe gebied of shire van York, sy historiese hoofstad, was. York het sy naam aan die Wikings te danke wat die stad Jórvík genoem het. Shire is afgelei van die Oud-Engelse term scir en verwys na 'n geografiese of administratiewe onderafdeling. Plaaslik word dié agtervoegsel uitgespreek as [-ʃə] of soms ook [-ʃiə/].
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ G. Gibbons, Yorkshire: Britain's Largest County (London: Geographica Ltd., 1969).
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Boekbesprekings