Tweestreepanemoonvis
Voorkoms
Tweestreepanemoonvis | |
---|---|
Amphiprion allardi in Aquarium Finisterrae | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | Amphiprion
|
Spesie: | A. allardi
|
Binomiale naam | |
Amphiprion allardi Klausewitz, 1970
|
Die Tweestreepanemoonvis (Amphiprion allardi) is 'n vis wat hoofsaaklik aan die ooskus van Afrika voorkom vanaf Kenia tot by die Aliwal-bank. In Engels staan die vis bekend as die Twobar anemonefish.
Voorkoms
[wysig | wysig bron]Die tweestreepanemoon word tot 15 cm lank en kom in koraalriwwe voor. Die vis het 'n opvallende bruinswart lyf met oranjegeel vinne en twee wit tot blou vertikale strepe. Dit is 'n gewilde akwariumvis.
Die vis het 'n simbiotiese verhouding met die groot seeanemoon wat beide bevoordeel. Die giftige tentakels van die anemoon beskerm die vis teen roofvisse; op sy beurt kry die anemoon afvalkos van die tweestreepanemoon. Die vis kan ook van geslag verander; dus is dit 'n hermafrodiet.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Bronne
[wysig | wysig bron]- Gids tot die kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0
- Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. ISBN 978-1-77007-345-6