Gaan na inhoud

Tempel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Göbekli Tepe is sowat 11 500 jaar gelede gebou. Die ronde struktuur op ’n tel bestaan uit enorme T-vormige klippilare wat met abstrakte piktogramme en reliëfwerk versier is. Dit is moontlik die oudste tempel op aarde.
Die Tempel van Hephaistos in Athene, Griekeland.
Akshardham-tempel, ’n Hindoe-tempel in Nieu-Delhi, Indië.
Die Berg Ecclesia-tempel met sy ronde, 12-kantige gebou staan op ’n mesa, ’n berg met ’n plat top.

’n Tempel (van die Latynse woord templum) is ’n struktuur wat vir godsdienstige of spirituele rituele en bedrywighede soos gebede en offerandes gebruik word. Die woord word gewoonlik gebruik vir sulke geboue in alle gelowe waar daar nie ’n meer spesifieke term soos kerk, moskee of sinagoge bestaan nie. Dit sluit in Hindoeïsme, Boeddhisme, Bahaïsme, Djainisme en Zoroastrisme, asook antieke godsdienste soos dié van Antieke Egipte, Antieke Griekeland en Antieke Rome.

Beskrywing

[wysig | wysig bron]

Die vorm en funksie van ’n tempel verskil grootliks van geloof tot geloof, maar dit word gewoonlik beskou as die "huis" van een of meer gode. Benewens ander rituele word die een of ander vorm van offerandes aan die godheid gemaak. ’n Spesiale groep kerkamptenare is verantwoordelik vir die instandhouding en werking van die tempel. Die mate waarin gelowiges toegang tot die gebou het, wissel grootliks. Soms word net geestelikes in sekere dele van die tempel toegelaat.

Die woord kom uit Antieke Rome, waar ’n templum ’n heilige ruimte was soos deur ’n priester, of augur, aangewys.[1] Dit het dieselfde stam as die woord template, ’n plan vir ’n gebou wat die augur op die grond uitgewys het.

Die woord word deesdae algemeen gebruik vir ’n plek van aanbidding, selfs van voor die Romeinse tydperk.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Latin Dictionary and Grammar Aid. University of Notre Dame. 26 Mei 2009. Besoek op 24 Julie 2009.

Bronne

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]