Orionkompleks
Orionkompleks | ||||
’n Deel van die Orionkompleks, met die Orionnewel naby die middel, die Jagter se Belt, asook Barnard se Lus wat die foto omraam. | ||||
Soort newel | Molekulêre wolkkompleks | |||
Sterrebeeld | Jagter | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 05h 35.3m[1] | |||
Deklinasie | -05° 23′[1] | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 1 500 tot 1 600 | |||
Skynbare grootte | Honderde ligjare breed | |||
Ander name | ||||
Orionwolkkompleks, Orion- Molekulêre Wolkkompleks | ||||
|
Die Orionkompleks (volle naam: Orion- Molekulêre Wolkkompleks) is ’n groot groep helder newels, donker wolke en jong sterre in die sterrebeeld Jagter. Dit is tussen 1 500 en 1 600 ligjare van die Aarde af en honderde ligjare breed. Verskeie dele van die kompleks kan met ’n verkyker of klein teleskoop gesien word, en sommiges soos die Orionnewel is met die blote oog sigbaar.
Die kompleks is belangrik vanweë sy enorme grootte; dit strek verskeie grade van die Jagter se Belt na sy swaard. Dit is ook een van die aktiefste stervormingstreke wat in die lug sigbaar is en die tuiste van protoplanetêre skywe en baie jong sterre. Die kompleks is helder in infrarooigolflengtes vanweë die hitte-intensiewe prosesse van die stervorming, maar dit bevat ook donker newels, emissie- en refleksienewels en H II-gebiede. Die teenwoordigheid van rimpels op die oppervlak van die kompleks is onlangs ontdek. Dit word veroorsaak deur die verspreiding van die newelgas oor reeds bestaande molekulêre gas. [2]
Newels in die kompleks
[wysig | wysig bron]Die volgende newels word in die kompleks aangetref:
- Die Orionnewel, ook bekend as Messier 42 of M42
- Messier 43, wat deel is van die Orionnewel
- IC 434, wat die Perdekopnewel bevat
- Die Perdekopnewel
- Barnard se Lus
- Messier 78, ’n refleksienewel
- Orion- Molekulêre Wolk[3]
- Orion- Molekulêre Wolk 1 (OMW-1)
- Orion- Molekulêre Wolk 2 (OMW-2)
- Orion- Molekulêre Wolk 3 (OMW-3)
- Orion- Molekulêre Wolk 4 (OMW-4)
- Vlamnewel (NGC 2024)
- Lambda Orionis- molekulêre ring (Sh2-264)[4]
Ook die Orion OB1-assosiasie is deel van die kompleks.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 "NAME ORI COMPLEX -- Cloud". SIMBAD. Besoek op 14 Maart 2014.
- ↑ Berné, Olivier; Marcelino, Núria; Cernicharo, José. "Waves on the surface of the Orion molecular cloud". Nature. 466 (7309): 947–949. arXiv:1011.0295. Bibcode:2010Natur.466..947B. doi:10.1038/nature09289.
- ↑ "NAME ORI MOL CLOUD -- Molecular Cloud" (in Engels). SIMBAD. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 April 2016. Besoek op 14 Maart 2014.
- ↑ "Orion's Big Head Revealed in Infrared". www.nasa.gov (in Engels). Nasa. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Januarie 2019. Besoek op 24 Februarie 2015.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Orionwolkkompleks[dooie skakel]
- Messiervoorwerpe
- Klikbare tabel van Messiervoorwerpe Geargiveer 20 Oktober 2014 op Wayback Machine
- Orion-foto's Geargiveer 7 April 2014 op Wayback Machine
- ESO: Hidden Secrets of Orion’s Clouds, met foto's en animasie
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Orionkompleks.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia