Gaan na inhoud

Oogtoets

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die Snellen-kaart word tradisioneel gebruik om 'n persoon se visie te toets.

Oogtoetse, wat die gebruik van oogkaarte insluit, is op die vlak van primêregesondheidsorg (PGS) by klinieke beskikbaar en help om vir refraksiefoute soos bysiendheid, versiendheid, verwronge visie en "verouderende oë" te toets. Ná die ouderdom van 40 word die lens van die oog meer onbuigsaam en dit word moeiliker vir sommige persone om van naby te lees.

Skoolverpleegkundiges en verpleegkundiges van primêregesondheidsorgklinieke kan kinders na skoolklinieke vir oogondersoeke verwys.