Oesbeke
- Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Oesbekies.
Oesbeke | |
---|---|
Totale bevolking: | ca. 30 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Oesbekistan ~24 miljoen[1] Afghanistan 2,8 miljoen[2] |
Taal: | Oesbekies |
Geloofsoortuiging: | Hoofsaaklik Islam (Soenniete of Kulturele Islam),[13] minderhede van ongebondes. Histories Tengriisme |
Verwante etniese groepe: | Ander Turkse volke soos Azerbeidjanners, Basjkiriërs, Gagaoesiërs, Karakalpakke, Kasakke, Kirgisiërs, Oeigoere, Tartare, Tsjoewasjiërs, Turke en Turkmene |
Die Oesbeke (Oesbekiese enkelvoud: Oʻzbek, Ўзбек, اوزبیک; meervoud: Oʻzbeklar, Ўзбеклар) vorm die grootste Turkse etniese groep in Sentraal-Asië en die tweede grootste naas die Turke. Hulle vorm die titulêre nasie van Oesbekistan, waar hulle sowat 80% van dié land se bevolking uitmaak, en praat Oesbekies, 'n Turkse taal, as moedertaal.
Naas Oesbeke leef nog klein minderhede soos Russe (5,5%), Tadjiks (5%), Kasakke (3%), Karakalpakke (2,5%), Tartare (1,5%) en ander (7%) in Oesbekistan. Oesbekiese minderhede leef in lande soos Afghanistan (9%), Tadjikistan (14%), Kirgisië (14%), Rusland, Kasakstan (2,5%), Saoedi-Arabië, Turkmenistan (6%), Pakistan, Turkye en die Volksrepubliek China.
Wêreldwyd leef omtrent 30 miljoen Oesbeke, waarvan sowat 24 miljoen in Oesbekistan, 2,8 miljoen in Afghanistan, 1,2 miljoen in Tadjikistan en byna 1 miljoen in Kirgisië. In die Volksrepubliek China behoort die Oesbeke tot een van die 56 amptelik erkende etniese groepe ("nasionaliteite"). Hulle leef veral in die Wes-Chinese outonome gewes van Xinjiang saam met ander verwante etniese groepe soos Oeigoere, Kasakke en Kirgisiërs.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Population: 28,661,637 (July 2013 est.) [Uzbeks = 80%]". Central Intelligence Agency (CIA). The World Factbook. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 10 Junie 2013.
- ↑ (en) "Afghan Population: 31,108,077 (July 2013 est.) [Uzbeks = 9%]". Central Intelligence Agency (CIA). The World Factbook. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Junie 2017. Besoek op 10 Junie 2013.
- ↑ (en) "Population: 7,910,041 (July 2013 est.) [Uzbeks = 15.3%]". Central Intelligence Agency (CIA). The World Factbook. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Mei 2020. Besoek op 10 Junie 2013.
- ↑ (en) CIA World Factbook – Kyrgyzstan[dooie skakel]
- ↑ 5,0 5,1 (ru) Russia Census 2002 Geargiveer 6 September 2018 op Wayback Machine
- ↑ (en) Ethnic groups in Kazakhstan, official estimation 2010-01-01 based on National Census 2009 Geargiveer 8 Februarie 2010 op Wayback Machine
- ↑ (en) CIA World Factbook – Turkmenistan Geargiveer 12 Junie 2007 op Wayback Machine
- ↑ (en) Rhoda Margesson (January 26, 2007). "Afghan Refugees: Current Status and Future Prospects" bl. 7. Report RL33851, Congressional Research Service.
- ↑ (tr) "Evrenpaşa Köyü – Güney Türkistan'dan Anadoluya Urfa Ceylanpınar Özbek Türkleri". Evrenpasakoyu.wordpress.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 April 2020. Besoek op 12 Julie 2013.
- ↑ (en) State Statistics Committee of Ukraine: The distribution of the population by nationality and mother tongue Geargiveer 1 Desember 2008 op Wayback Machine
- ↑ (en) Chinese Nationalities (Uzbek Minority) (Ozbek) -- Minorities by Descending Populations
- ↑ (en) Census of Mongolia, slide# 23. http://www.toollogo2010.mn/doc/Main%20results_20110615_to%20EZBH_for%20print.pdf
- ↑ (en) "Chapter 1: Religious Affiliation". The World’s Muslims: Unity and Diversity. Pew Research Center's Religion & Public Life Project. 9 Augustus 2012.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Oesbeke.
- (en) "Uzbek". Encyclopædia Britannica. Besoek op 25 Januarie 2019.