Murrumbidgee
Murrumbidgee | |
---|---|
Die Murrumbidgee naby Wagga Wagga, Nieu-Suid-Wallis. | |
Die stroomgebied van die Murrumbidgee. | |
Oorsprong | Peppercorn Hill, Snowy Mountains, Nieu-Suid-Wallis, Australië Australiese Alpe, Groot Skeidingsgebergte |
Monding | Boundary Bend, Nieu-Suid-Wallis, Victoria Murrayrivier |
Stroomgebied | Nieu-Suid-Wallis (Australië) |
Lengte | 1 488 km (900 myl) |
Oorspronghoogte | 1 560 m (5 118 voet) |
Mondinghoogte | 55 m (180 voet) |
Gemiddelde afloop | 120 m³/s (4 200 vt³/s) |
Stroomgebiedopp. | 84 000 km² (30 000 myl²) |
Die Murrumbidgee[1][2] (Engels: Murrumbidgee River, [mʌrəmˈbɪdʒi][3]) is met 'n lengte van 1 488 km Australië se tweede grootste rivier.[4] Die Murrumbidgee is die grootste sytak van die Murrayrivier.
Die Murrumbidgee ontspring net suid van Canberra, Australië se hoofstad, op 'n hoogte van 1 500 m aan die voet van die Peppercorn Hill in die Fiery Range van die Snowy Mountains (Australiese Alpe, Groot Skeidingsgebergte). Aansluitend loop dit 1 488 km in 'n wes-noordelike rigting deur die Australiese deelstaat Nieu-Suid-Wallis, voordat die Murrumbidgee naby Boundary Bend met die Murrayrivier saamvloei.
Murrumbidgee beteken "groot water" in die Wiradjuri-taal, een van die lokale Aboriginale tale.[5] Die rivier self loop deur verskeie tradisionele gebiede van inheemse Australiërs, tuis van verskeie inheemse stamme.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Our Catchment". Murrumbidgee Catchment Management Authority (in Engels). Government of New South Wales. 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Januarie 2014. Besoek op 10 Februarie 2015.
- ↑ (en) "Map of Murrumbidgee River". Bonzle.com. Besoek op 10 Februarie 2015.
- ↑ (en) Macquarie ABC Dictionary. The Macquarie Library Pty Ltd. 2003. pp. 647, 853. ISBN 1-876429-37-2.
- ↑ "(Australia's) Longest Rivers" (in Engels). Geoscience Australia. 10 Desember 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Junie 2014. Besoek op 10 Februarie 2015.
- ↑ (en) Room, Adrian (2003). Placenames of the World. McFarland. p. 246. ISBN 0-7864-1814-1.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Murrumbidgee.
- (en) "Murrumbidgee River". Encyclopædia Britannica. Besoek op 28 April 2019.