Merweville
Merweville | |
---|---|
Die dorpie soos gesien uit die toring van die NG kerk. | |
Koördinate: 32°40′0″S 21°31′0″O / 32.66667°S 21.51667°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distriksmunisipaliteit | Sentraal-Karoo |
Plaaslike Munisipaliteit | Beaufort-Wes |
Oppervlak | |
• Totaal | 32,59 km2 (12,58 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 1 592 |
• Digtheid | 49/km2 (130/vk. myl) |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Poskode | 6940 |
Skakelkodes | 023 |
Merweville is 'n dorpie in die Koup-distrik van die Karoo met sowat 1 600 inwoners. Die dorp se bedrywighede gaan hand aan hand met dié van sy boerderygemeenskap.
Die nedersetting self het as 'n kerkdorpie ontstaan, toe die kerkraad van Beaufort-Wes in 1897 besluit het dat die Koup 'n eie kerk nodig het wat kon sorg vir die betreklik verarmde geestelike en opvoedkundige toestand van die gebied.
Die kerkgrond langs die Van der Bylskraalrivier is in 1899 gekoop van die posmeester, winkelier en vrederegter, ene J.J. le Seuer van der Byl.
Alhoewel die kerkgebou reeds in 1899 ingewy is, is die gemeente Merweville eers in 1904 gestig, omdat krygswet (as gevolg van die Anglo-Boereoorlog) kerkraadsvergaderings aan bande gelê het.
Die dorp is vernoem na die dryfveer agter die kerk se stigting, ds. Pieter van der Merwe van die NG gemeente Beaufort-Wes.
Boorling van Merweville
[wysig | wysig bron]- Schalk Pienaar, 'n Suid-Afrikaanse joernalis en koerantredakteur.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- NG gemeente Merweville
- Lys van dorpe in Suid-Afrika
- Engelsman se graf
- www.merweville.net.za Geargiveer 5 Maart 2019 op Wayback Machine