Mac-Mac
Voorkoms
Mac-Mac is 'n historiese gebied in die Mpumalangaprovinsie van Suid-Afrika, en die plek van die land se vroegste goudstormloop. Dit is geleë naby die dorp van Sabie, 5 km van Pelgrimsrus.[1]
Terwyl 'n aantal klein goudneerslae ontdek is in die noordelike dele van Suid-Afrika tussen 1840 en 1870, was Mac-Mac die eerste plek waar lonende hoeveelhede goud gevind is.[1] In 1873 is goud ontdek op die plaas Geelhoutboom. President Burgers het dit amptelik geproklameer as die gebied New Caledonian Gold Fields,[1] maar dit het later bekend gestaan as Mac-Mac weens die bydrae van die Skotse delwers by die kamp.[2] Binne een jaar het 1,500 delwers meer as 4 000 kleims afgesteek.[3]
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 "The Echo Caves" (in Engels). Burgersfort.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Januarie 2014. Besoek op 10 Januarie 2014.
- ↑ "Mac Mac Gold Panning Club". Mac Mac Gold Panning Club. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Januarie 2014. Besoek op 10 Januarie 2014.
- ↑ "Gold Panning in Pietermaritzburg, South Africa". USA Today. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 10 Januarie 2014.