Longue paume
Voorkoms
Longue paume is 'n buitemuurse weergawe van jeu de paume, 'n voorganger van moderne tennis. Honderde jare gelede was dit baie gewild, veral in Frankryk. Dit is een van die sportsoorte wat by die 1900 Somer Olimpiese Spele gespeel is. Vandag word die spel hoofsaaklik in die Picardiestreek gespeel. Die beheerliggaam van die sport is die Fédération Française de Longue Paume met sy hoofkantoor in Amiens.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- (fr) Connaissez-vous la Longue Paume? Geargiveer 20 Maart 2005 op Wayback Machine
- (fr) Ligue de Picardie de Longue Paume