Leopold Scholtz
Leopold Scholtz | |
---|---|
Gebore | Willem Leopold von Ranke Scholtz 30 Junie 1948 |
Sterf | 19 Oktober 2022 (op 74) |
Plek begrawe | St. Petrus Banden-begraafplaas Den Haag, Nederland |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaans |
Beroep | Akademikus, historikus, joernalis en skrywer |
Eggenoot | Ingrid Marie Elisabeth Verhoek |
Ouer(s) | Gert Daniël Scholtz en Rachel Geraldine Elizabeth Scholtz |
Leopold Scholtz (gebore Willem Leopold von Ranke Scholtz; 30 Junie 1948 – 19 Oktober 2022[1]) was ‘n Suid-Afrikaanse historikus, akademikus, skrywer en joernalis. Hy was onder meer adjunkredakteur van Die Burger, buitengewone hoogleraar aan die Universiteit Stellenbosch en lid van die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, en was navorsingsgenoot aan die Noordwes-Universiteit (fokusarea Sosiale Transformasie, Potchefstroomkampus).
Lewensloop
[wysig | wysig bron]Scholtz se vader, dr. G.D. Scholtz, was ’n gesiene historikus wat ook talle publikasies die lig laat sien het.
Scholtz het aan die Universiteit Stellenbosch, die ou Randse Afrikaanse Universiteit (nou die UJ) en die Universiteit van Leiden gestudeer. Hy het in 1978 ’n doktorsgraad in geskiedenis aan die Universiteit van Leiden in Nederland behaal op grond van ’n proefskrif oor generaal Christiaan de Wet as veldheer. In Leiden het hy ook sy toekomstige vrou, Ingrid (ook ’n historikus), ontmoet.
Hy het later ’n joernalis geword en sy professionele loopbaan in Suid-Afrika afgesluit as adjunkredakteur van Die Burger. Hy is die skrywer van talle boeke en meer as 50 ewekniebeoordeelde artikels in geakkrediteerde tydskrifte en hoofstukke in versamelwerke. Nadat hy na Delft, Nederland verhuis het, het hy as Europese korrespondent vir Media24 se Afrikaanse koerante gedien, en was hy ook as navorsingsgenoot by universiteite betrokke. Hy was ook 'n gereelde rubriekskrywer vir Maroela Media.[2] Hy het in 2022 in Delft aan leukemie gesterf.
Boeke
[wysig | wysig bron]- Generaal Christiaan de Wet as Veldheer (1978), ISBN 9781919825267
- Beroemde Suid-Afrikaanse krygsmanne (1984; Rubicon-Pers), ISBN 9780947006068
- Suid-Afrika en die Nuwe Wêreldorde (medeskrywer) (1996; Human & Rousseau), ISBN 9780798136174
- Waarom die boere die oorlog verloor het (1999; Protea Boekhuis), ISBN 9780620241618
- Die SAW in die Grensoorlog 1966-1989 (2013; Tafelberg), ISBN 9780624054085
- Kruispaaie: Afrikanerkeuses van die 19de en 20ste eeu (2016; Kraal Uitgewers), ISBN 9780992218980
- The Battle of Cuito Cuanavale : Cold War Angolan Finale, 1987-1988 (2016; Helion and Company), ISBN 9781909384620
- Ratels aan die Lomba: die storie van Charlie-eskadron (2018; Jonathan Ball Uitgewers), ISBN 9781868427505
- Bondgenote en dwarstrekkers: Die Transvaalse en Vrystaatse regerings in die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902 (2019; Kraal Uitgewers), ISBN 9780994715982
- Die Saw En Cuito Cuanavale: 'n Taktiese en strategiese analise (2020; Jonathan Ball Uitgewers), ISBN 9781928248057
- Terreur en bevryding: Die ANC/SAKP, die kommunisme en geweld (1961–1990) (2022; Jonathan Ball Uitgewers), ISBN 9781776191673
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Profiel op geslagregisters.com, besoek op 26 Oktober 2022
- ↑ https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/bekende-koerantman-historikus-sterf/ Besoek op 22 Oktober 2022.