Gaan na inhoud

Kwantum

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

’n Kwantum in fisika is die kleinste, ondeelbare hoeveelheid van enige fisiese entiteit wat in ’n interaksie betrokke is.

Kwantummeganika

[wysig | wysig bron]

Kwantummeganika is ’n stel beginsels wat die fisiese realiteit beskryf op die subatomiese vlak van materie (molekules en atome) en die subatomiese (elektrone, protone en selfs kleiner) deeltjies. Hierdie beskrywings sluit die gelyktydige golfagtige en partikelagtige gedrag van beide materie en straling ("golf-partikel-tweeledigheid") in. Daarbenewens maak kwantummeganika ook die stelling dat ’n mens nooit met sekerheid die toestand van die partikels, soos hul ligging of snelheid, kan voorspel nie. Hierdie wet staan bekend as Heisenberg se Onsekerheidsbeginsel, 'n belangrike konsep in kwantummeganika.

Sekere stelsels vertoon egter kwantummeganiese invloede op ’n groter skaal; supervloeibaarheid (die wrywinglose vloei van ’n vloeistof by temperature naby die absolute nulpunt) is ’n bekende voorbeeld. Kwantumteorie verskaf ook akkurate beskrywings vir baie voorheen onverklaarbare verskynsels.

Bronne

[wysig | wysig bron]
  • B. Hoffmann, The Strange Story of the Quantum, Pelican 1963.
  • Lucretius, On the Nature of the Universe, transl. from the Latin by R.E. Latham, Penguin Books Ltd., Harmondsworth 1951.
  • J. Mehra and H. Rechenberg, The Historical Development of Quantum Theory, Vol.1, Part 1, Springer-Verlag, New York 1982.
  • M. Planck, A Survey of Physical Theory, transl. by R. Jones and D.H. Williams, Methuen & Co., Ltd., London 1925 (Dover editions 1960 and 1993) including the Nobel lecture.