Gaan na inhoud

Karel V

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Karel V
Keiser van die Heilige Romeinse Ryk
Koning van die Romeine
Koning van Italië
Portret van Keiser Karel V.
Portret van Keiser Karel V.
Vorstehuis Habsburg
Regeer 28 Junie 1519 - 27 Augustus 1556
Kroning 26 Oktober 1520, Aaken (Duitse bewind)
22 Februarie 1530, Bologna (Italiaanse bewind)
24 Februarie 1530, Bologna (keiserlike bewind)
Voorganger Keiser Maksimilian I
Opvolger Keiser Ferdinand I
Regeer as koning van Spanje
saam met Johanna van Kastilië tot 1555
23 Januarie 151616 Januarie 1556
Voorganger Johanna
Opvolger Filips II
Lord van die Nederland en Paltsgraaf van Boergondië 25 September 150625 Oktober 1555
Voorganger Filips I
Opvolger Filips II
Eggenoot Isabella van Portugal
Kinders Filips II, koning van Spanje
Maria, keiserin van die Heilige Romeinse Ryk
Johanna van OostenrykJohanna van Oostenryk, prinses van Portugal
Johannes van Oostenryk (onwettig)
Margrethe van Parma (onwettig)
Vader Filips I
Moeder Johanna
Gebore 24 Februarie 1500
Gent, Vlaandere
Oorlede 21 September 1558 (op 58)
Cuacos de Yuste, Spanje
Begrawe El Escorial, San Lorenzo de El Escorial, Spanje
Handtekening

Keiser Karel V (24 Februarie 1500, Gent, België21 September 1558, Cuacos de Yuste, Spanje), uit die huis Habsburg was 'n seun van Filip die Skone (hertog van Boergondië, Brabant, Limburg en Luxemburg en graaf van Vlaandere, Artesië, Henegouwen, Holland, Zeeland en Namen) en Johanna van Kastilië. Hy was ook die kleinseun van Maksimiliaan I.

Hy was van 1519 tot 1556 die keiser van die Heilige Romeinse Ryk, en van 1516 tot 1556 koning van Spanje onder die naam Karel I. Die land waaroor hy geheers het, was die grootste Europese ryk sedert Karel die Grote.

Hy kon sonder vrees vir teenspraak sê: In my ryk gaan die son nooit onder nie. Sy ryk het Oostenryk, Italië, die Nederlande en Spanje, met sy Amerikaanse kolonies, omvat. Daarby het nog die Duitse keiserskroon gekom. Sodoende het Karel 'n magsposisie bekom wat die voortbestaan van die Franse koningsheerskappy ernstig bedreig het.

Frans I van Frankryk kon egter sy mag handhaaf, aangesien Karel nooit al die mag waaroor hy beskik het, kon konsolideer nie. Om dieselfde rede kon Luther, die Hervorming en die Duitse vorste wat Protestants geword het, die wil van die keiser (wat hulle aan die Katolieke Kerk wou onderwerp) trotseer. In die ouderdom van 56 jaar het die keiser wat toe erg aan jig gely het, geabdikeer en hom in die afgesonderdheid van ʼn Spaanse klooster teruggetrek, waar hy in 1558 gesterf het. Sy ryk het hy in 'n Spaanse en Oostenrykse deel verdeel.

Bronnelys

[wysig | wysig bron]