Gaan na inhoud

Indalo

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Indalo Man
Beeldhouwerk van die man van Indalo in Almería.

Die Indalo is 'n magiese simbool uit die Bronstydperk wat gevind word in die grot van "Los Letreros" in Sierra de María-Los Vélez Natuurpark in Vélez Blanco, Almería, Andalusië, Spanje. Dit is gebruiklik om die Indalo-simbool op die voorkant van huise en besighede te verf om hulle teen boosheid te beskerm en word as 'n godstotem beskou.[1] Die indalo het 'n oorsprong in die Levante, Spanje en dateer terug na 2500 vC. Die piktogram is genoem ter nagedagtenis aan Sint Indaletius.

Volgens legende was die Indalo 'n spook wat 'n reënboog in sy hande kon vashou en dra (dus die boog oor die kop van die man). Die Indalo is aangeneem as die amptelike simbool in die provinsie Almería, Spanje.[2] Die Indalo-simbool word ook in die Almería-streek as 'n gelukbringer gebruik. Om die Indalo te dra is net voordelig as dit as geskenk aangebied is. Sommige mense glo ook dat die storie agter die simbool van die Indalo-man handel oor 'n man wat in 'n grot ontsnap om van die reën weg te kom, dan as die reën ophou, kom 'n reënboog uit en wanneer die man wegstap van die muur van die grot, die beeld word daar gelaat.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Indalo Man ancient symbol, Almeria province, Andalucía, Southern Spain". 7 Junie 2011.
  2. "Archived copy". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Julie 2012. Besoek op 15 November 2007.{{cite web}}: CS1 maint: archived copy as title (link)