Gaan na inhoud

Hoë Verteenwoordiger van die Unie vir Buitelandse Sake en Veiligheidsbeleid

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Die Hoë Verteenwoordiger van die Unie vir Buitelandse Sake en Veiligheidsbeleid is een van die hoogste funksies van die Europese Unie.

Die Verteenwoordiger, waar soms na verwys word as die minister van Buitelandse Sake van die EU, word deur die Europese Raad deur middel van Gekwalifiseerde Meerderheidsstemming vir 'n tydperk van vyf jaar aangestel. Die funksie word gewoonlik gekombineer met 'n vise-presidentskap van die Europese Kommissie, maar die verteenwoordiger woon ook die vergadering van die Europese Raad by.

Hulle taak is om die hoof van die Europese Verdedigingsagentskap te wees en die EU te verteenwoordig by internasionale fora soos bv. die Verenigde Nasies. Hulle word ondersteun deur die European External Action Service (EEAS) wat wêreldwyd in noue samewerking met die diplomatieke missies van die 27 lidlande werk.

Die funksie is eers geskep deur die Verdrag van Amsterdam, maar later uitgebrei in die Verdrag van Lissabon.[1]

Hoë Verteenwoordigers

[wysig | wysig bron]
  • Javier Solana (1999-2009)
  • Catherine Ashton (2009-2014)
  • Frederica Mogherini (2014-2019)
  • Josep Borrell Fontelles (2019-2024)
  • Kaja Kallas (2024-)

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "High Representative of the Union for Foreign Affairs and Security Policy (EU)". Thomson Reuters.