Gaan na inhoud

Haenertsburg

Koördinate: 23°56′30″S 29°56′20″O / 23.94167°S 29.93889°O / -23.94167; 29.93889
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Haenertsburg

Bjatladi
Gehug
Kommersiële kompleks geleë in Rissikstraat, Haenertsburg
Kommersiële kompleks geleë in Rissikstraat, Haenertsburg
Haenertsburg is in Limpopo
Haenertsburg
Haenertsburg
 Haenertsburg se ligging in Limpopo
Koördinate: 23°56′30″S 29°56′20″O / 23.94167°S 29.93889°O / -23.94167; 29.93889
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieLimpopo
DistrikMopani
MunisipaliteitGroter Tzaneen
Oppervlak
 • Totaal1,23 km2 (0,47 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal282
 • Digtheid229/km2 (590/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense73.4%
 • Bruin mense0.7%
 • Swart mense25.9%
Taal (2011)
 • Engels 52.3%
 • Afrikaans 23.1%
 • Noord-Sotho 16.7%
 • Tsonga 2.8%
 • Ander 5.0%
Poskode (strate)
0730
Poskode (posbusse)
0730
Skakelkode015

Haenertsburg is 'n gehug in die Limpopoprovinsie, Suid-Afrika.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Die dorpie is vernoem na Carl Ferdinand Haenert wat saam met sy broer goud in die heuwels hier ontdek het in 1886. Nadat die nuus versprei het was die dorp die hart van wat as die Woodbush-goudveld bekend gestaan het. Die vonds was egter binne twee jaar uitgeput.

Distrik

[wysig | wysig bron]

Bosbouplantasies vir die houtnywerheid is die belangrikste nywerheid in die distrik. Oor 'n dosyn gastehuise is in die onmiddellike omgewing geleë. Die Wolkberg-Zoeloe (Alaena margaritacea), 'n bedreigde vlinder, benewens Methuen se dwerggeitjie, die blouswael en 630 inheemse plantspesies kom in die plaaslik beskermde misgordel-grasveld voor. Hierdie habitat is grootliks deur bosbou en uitheemse indringerplante uitgedun, en word in die Haenertsburg Common bewaar. Die Louis Changuion-wandelpad se beginpunt is in Rissikstraat, en bied die stapper 'n keuse tussen 'n kort en lang (10 km) roete, met addisionele kortpaaie. Die roete is in 1993 deur die historikus prof. Louis Changuion uitgelê, en word deur vrywilligers onderhou. Prof. Changuion het ook die Long Tom-monument langs die Internasionale Arboretum opgerig.

Uitsig oor Haenertsburg vanaf die dorp se begraafplaas.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Bronne

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Haenertsburg". Sensus 2011.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]