Greyton
Greyton | |
---|---|
Die 5-rigtingstop in die middedorp | |
Koördinate: 34°3′S 19°37′O / 34.050°S 19.617°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Overberg |
Munisipaliteit | Theewaterskloof |
Stigting | 1854 |
Oppervlak | |
• Totaal | 2,89 km2 (1,12 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 2 780 |
• Digtheid | 962/km2 (2 490/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 24.0% |
• Indiërs/Asiërs | 0.8% |
• Bruin mense | 69.2% |
• Swart mense | 4.9% |
• Ander | 1.1% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 74.2% |
• Engels | 22.0% |
• Ander | 3.8% |
Poskode (strate) | 7233 |
Skakelkode | 028 |
Greyton is 'n dorpie in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Dit is slegs sowat 5 km vanaf Genadendal.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die dorpie se bestaan kan teruggevoer tot 1846 toe Herbert Vigne die plaas Weltevreden gekoop het in die skadu van die Kanonberg (1 466m), een van die hoogste pieke van die Riviersonderendberge. Die dorpie is in 1854 uitgelê en sir George Grey vernoem. Die dorpie is bekend vir sy baie voetslaanpaaie.[2]
Boesmanskloof-wandelroete
[wysig | wysig bron]Hierdie wandelroete is 14km lank en gaan oor die Riviersonderendberge en eindig by McGregor. Die hoogste punt is 750 bo seevlak.[3]
Wapen
[wysig | wysig bron]Greyton se munisipale raad het in 1992 'n wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer: In blou, twee silwer dwarsbalke, die boonste belaai met drie oranje skywe. Die helmteken was 'n blou muurkroon met 'n uitkomende rysende oranje grond, getop met 'n gousblom, en die wapenspreuk was "Stabilia".[4] Die wapenskild is gebaseer op die wapen wat sir George Grey gebruik het.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Greyton". Sensus 2011.
- ↑ Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995 ISBN 1-86842-026-4
- ↑ http://www.boesmanskloofmcgregor.com/index.php/boesmanskloof-hiking-trail-mcgregor-greyton-diegalg
- ↑ National Archives of South Africa : Data of the Bureau of Heraldry.