George Murray
Voorkoms
Ds. George Murray (Graaff-Reinet, 7 Augustus 1845 - 18 Mei 1921) was die jongste van ds. Andrew Murray sr. se vyf seuns wat predikant geword het.
Hy kry sy teologiese opleiding aan die Kweekskool op Stellenbosch en word in 1869 predikant op Willowmore, waar hy bly tot 1879. Hierna volg Swellendam tot 1892, Oudtshoorn tot 1910 en De Hoop tot sy aftrede in 1916. Hy het groot diens aan die kerk in vele kommissies en sendinge bewys.
Bronne
[wysig | wysig bron]- (nl) Dreyer, eerw. A. 1924. Eeuwfeest-Album van de Nederduits Gereformeerde-Kerk in Zuid-Afrika 1824 - 1924. Kaapstad: Publikatie-kommissie van de Z.A. Bijbelvereniging.
- Hofmeyr, George (hoofred.), 2002. NG Kerk 350. Wellington: Lux Verbi.BM.
- Olivier, ds. P.L. (samesteller), 1952. Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers.