Gebruikerbespreking:Sobaka
Argief
| ||
---|---|---|
2005-09 | 2017-20 | 2021- |
Hoe word 'n argief aangelê? |
Nuwe voorstelle vir voorbladartikels
[wysig bron]Hallo Sobaka!
Daar is 'n klomp nuwe voorstelle by Wikipedia:Kandidaatartikels vir voorblad. Sien jy kans om vir die een of ander te stem? Groete. -- SpesBona 21:35, 18 April 2024 (UTC)
- So gedoenǃ Sobaka (kontak) 08:13, 19 April 2024 (UTC)
- Goeienaand Sobaka,
- Daar is weer 'n talle nuwe voorstelle by Wikipedia:Kandidaatartikels vir voorblad. Ek nooi jou om jou stem uit te bring. Groete. -- SpesBona 20:30, 15 Augustus 2024 (UTC)
- Maak soǃ Sobaka (kontak) 06:57, 16 Augustus 2024 (UTC)
- Ek aanvaar die volgorde sal aangepas word dat dieselfde soort artikels nie opmekaar volg soos dit nou in die ry die geval is nie. Sobaka (kontak) 07:05, 16 Augustus 2024 (UTC)
- Baie dankie. Ja, die volgorde sal beslis later aangepas word. Vir my is dit net makliker om 'n groep artikels van dieselfde "kategorie" agtereenvolgens voor te berei as om tussen "kategorieë" te spring. Maar ek het die aantal agtereenvolgende artikels op drie beperk. Groete. -- SpesBona 21:00, 16 Augustus 2024 (UTC)
- Baie dankie, maak sin. Sobaka (kontak) 08:24, 17 Augustus 2024 (UTC)
Plato
[wysig bron]Dalk interessant?
Groete Jcwf (kontak) 19:58, 28 April 2024 (UTC)
- Baie dankie Jcwf, inderdaad interessant. Kunsmatige intelligensie het selfs ‘n inpak op ons kennis van die verlede! Glo daar is baie boekrolle wat met die tegnologie ontsluit sal word. Sobaka (kontak) 20:18, 28 April 2024 (UTC)
Baie geluk! Hierdie artikel is as voorbladartikel aangewys Kunsmatige algemene intelligensie, ’n artikel waarby jy ’n groot bydrae gelewer het, is deur ’n gebruiker as ’n spogartikel geïdentifiseer en deur die gemeenskap tot voorbladartikel verkies. Dankie vir jou bydrae. Sien gerus Wikipedia:Voorbladartikel vir ons versameling spogartikels, of nomineer self ’n artikel vir voorbladstatus by Wikipedia:Kandidaatartikels vir voorblad. |
Baie geluk met dié nuwe en interessante voorbladartikel. Groete. -- SpesBona 19:34, 12 Mei 2024 (UTC)
- Geluk! Goeie artikel! Oesjaar (kontak) 19:50, 12 Mei 2024 (UTC)
- Dankie julle. Sobaka (kontak) 19:53, 12 Mei 2024 (UTC)
Baie geluk! Hierdie artikel is as voorbladartikel aangewys Anonymous (kollektief), ’n artikel waarby jy ’n groot bydrae gelewer het, is deur ’n gebruiker as ’n spogartikel geïdentifiseer en deur die gemeenskap tot voorbladartikel verkies. Dankie vir jou bydrae. Sien gerus Wikipedia:Voorbladartikel vir ons versameling spogartikels, of nomineer self ’n artikel vir voorbladstatus by Wikipedia:Kandidaatartikels vir voorblad. |
Baie geluk met dié nuwe en interessante voorbladartikel. Groete. -- SpesBona 19:34, 2 Junie 2024 (UTC)
Bronne by Betroubaarheid van Wikipedia
[wysig bron]Hallo Hond!
Mag ek jou gou help om bg. artikel se bronnelys te verbeter? Dis my kos!
Groete in Pretoria! -- Aliwal2012 13:48, 7 Junie 2024 (UTC)
Hi Gert. Gaan asb voort is nou besig met ander verpligtinge. Sobaka (kontak) 13:56, 7 Junie 2024 (UTC)
- Reg so, ek rol aan... Aliwal2012 14:06, 7 Junie 2024 (UTC)
Translation request
[wysig bron]Hello, Sobaka.
Can you also translate and upload the article about the prominent Turkish economist en:Dani Rodrik in Afrikaans Wikipedia? He already has 68 Wikipedia articles.
Yours sincerely, Oirattas (kontak) 09:29, 15 Oktober 2024 (UTC)
- Hi Oirattas, As requested Dani Rodrik, all of the best. Sobaka (kontak) 10:04, 15 Oktober 2024 (UTC)
- Thank you very much for the new article and all the best! Oirattas (kontak) 10:24, 15 Oktober 2024 (UTC)
Help met woord asb!
[wysig bron]@Sobaka: sien many countries liberalized the regulation of the electricity. Dit kom uit die Engelse artikel Electric power transmission. Hoe sal jy liberalized vertaal. Groete! Oesjaar (kontak) 19:22, 24 Oktober 2024 (UTC)
- @Oesjaar: Geliberaliseer maak nie vir my in die konteks sin nie, my vertaling voorstel sou wees:
“Histories was transmissie- en verspreidingslyne dikwels deur dieselfde maatskappy besit, maar in die aanvang van 1990's het baie lande die regulering van die elektrisiteitsmark verander sodat afsonderlike maatskappye transmissie en verspreiding hanteer het.” Sobaka (kontak) 19:39, 24 Oktober 2024 (UTC)
- Dankie! Groete! Oesjaar (kontak) 19:48, 24 Oktober 2024 (UTC)