Gaan na inhoud

Fosfien

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Eienskappe

Algemeen

Naam Fosfien
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formule PH3
Molêre massa 34 [g/mol][1]
CAS-nommer 7803-51-2[1]  
Voorkoms Kleurlose gas[1]  
Reuk knoffelrig, vissig[1]
Fasegedrag  
Selkonstantes a=631pm[2]  
Ruimtegroep P4232 
Nommer 208
Smeltpunt -133 °C[1]
Kookpunt -87,7 °C[1]
Digtheid 1,17 rel. lug[1]
Oplosbaarheid ~340 dpm in water[3] 
Kritieke temperatuur +51,556 °C [1]

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt  
Selfontbrandingspunt +38 °C[1] 
LC50 22 dpm; 1 uur; rot

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie
Vervaardiging en verbranding van fosfien

Fosfien is 'n verbinding van fosfor en waterstof met die chemiese formule PH3. Dit kan as 'n hidried van fosfor beskou word of as 'n fosfied van waterstof.

Dit is 'n baie toksiese en brandbare gas.

Daar is ook afgeleide, gesubstitueerde verbindings soos CH3PH2 wat fosfiene genoem word.

Kristalstruktuur

[wysig | wysig bron]

Teen lae temperature kristalliseer die verbinding in 'n kubiese struktuur.[2]

Chemiese eienskappe

[wysig | wysig bron]

Kalsiumfosfied reageer met water en stel fosfien vry:

'n Ander sintese behels wit fosfor en 'n sterk basis, soos natriumhidroksied. Dit is 'n outoredoksreaksie wat ook fosfaat vrystel. Fosfien is analoog aan ammoniak en kan soute vorm soos PH4I maar hulle is baie minder stabiel as die ammoniumsoute.[4]

Gebruike

[wysig | wysig bron]

Fosfien word soms vir berokingsdoeleindes gebruik bv. teen die amandelmot Cadra cautella of die ryskalander Sitophilus oryzae. Vanweë die hoë toksisiteit is die gebruik aan groot beperkings onderhewig. Fosfien se lewensduur in lug egter taamlik kort, ongeveer 5 uur. Dit word deur hidroksielradikale vernietig.[3]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 1,7 1,8 "sds" (PDF).
  2. 2,0 2,1 "PH3 Structure". Aflow.
  3. 3,0 3,1 "Fact Sheet for Phosphine" (PDF). US EPA.
  4. A.E. van Arkel, H.G.S. Snijder (1937). Leerboek der scheikunde gegrond op atoommodel en periodiek systeem. Noorhoff.{{cite book}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)