Ester
Voorkoms
![](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/4c/FunktionelleGruppen_Carbons%C3%A4ureester.svg/220px-FunktionelleGruppen_Carbons%C3%A4ureester.svg.png)
'n Ester is 'n organiese verbinding met 'n algemene formule R1(CO)OR2. (R2≠H)
Esters kan ontbind in 'n karboksielsuur R1COOH en 'n alkohol R2OH. Hierdie reaksie word verseping genoem, omdat die vervaardiging van seep op hierdie chemie gebaseer is.
Esters van eenvoudige R-groepe is gewoonlik taamlik vlugtige en welriekende verbindings. Hulle is effens polêre oplosmiddels wat baie aanwendings vind.
Vette is esters van gliserol, wat 'n alkaantriol is met drie -OH-groepe en vetsure wat dikwels 20-22-24 koolstofatome het. 'n Taamlik kort vetsuur is bottersuur wat net 4 koolstofatome het.
Kyk ook
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir ester.