Eponiem
Voorkoms
'n Eponiem is die naam van 'n persoon, eg of fiktief, wat gebruik word om 'n bepaalde objek of aktiwiteit mee aan te dui. Met ander woorde, 'n eienaam wat as 'n soortnaam gebruik word.
'n Omgekeerde eponiem ontstaan as 'n fiktiewe legendariese karakter geskep word om 'n term te verduidelik.
Voorbeelde
[wysig | wysig bron]- Bell-verlamming – vernoem na Dr Charles Bell.
- Bobbie (polisieman) – vernoem na Sir Robert "Bobby" Peel wat die eerste polisiemag in 1830 in Londen gestig het.
- Creutzfeldt-Jakob-siekte (oordraagbare spongivorme enkefalopatie) – vernoem na Dr Hans-Gerhard Creutzfeldt.
- Huntington se siekte – vernoem na Dr George Huntington.
- Guillotine – vernoem na Joseph Guillotin.
- Morsekode – vernoem na Samuel Morse.
- Parkinson-siekte – vernoem na 'n Engelse geneesheer, dr James Parkinson.
- Rett-sindroom – 'n neurologiese siekte wat meisies aantas; vernoem na die Oostenryker, dr Andreas Rett
- Tourette-sindroom – vernoem na dr. Georges Gilles de la Tourette
- Ventertjie (sleepwa) – genoem na die firma Venter Sleepwaens in Naboomspruit.
- Zeppelin – vernoem na Ferdinand von Zeppelin, uitvinder van die lugskip.
Verder naleeswerk
[wysig | wysig bron]- Die aap in jou koffie – Afrikaanse eponieme van A tot Z, deur Anton Prinsloo, Protea Boekhuis, ISBN 978-1-86919-463-5