Gaan na inhoud

Bewegingsgroep

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die Ursa Major-bewegingsgroep, die naaste sterbewegingsgroep aan die Aarde.

'n Bewegingsgroep of bewegende groep in sterrekunde is 'n los groep sterre wat nie 'n konsentrasie in die ruimte vorm soos 'n sterreswerm nie, maar verbind word deur die gemeenskaplike rigting waarin hulle beweeg.[1] Bewegingsgroepe kan oud wees, soos die HR 1614-bewegingsgroep van 2 miljard jaar; of jonk, soos die AB Doradus-bewegingsgroep van net 120 miljoen jaar.

Jong groepe

[wysig | wysig bron]

Bewegingsgroepe is in die 1960's intens deur Olin Eggen bestudeer.[2] 'n Lys van die naaste jong bewegingsgroepe is deur López-Santiago et al. saamgestel.[3] Die naaste groep is die Ursa Major-bewegingsgroep wat al die sterre van die asterisme Groot Wa insluit buiten Dubhe en η Ursae Majoris. Dit is naby genoeg dat die Son aan sy buiterand lê, sonder om deel van die groep te wees.

Die lys jong bewegingsgroepe is voortdurend aan die verander. Die Banyan Σ-werktuig[4] lys tans 29 nabygeleë jong bewegingsgroepe.[5] Onlangse toevoegings is die Volans-Carina-assosiasie, wat deur Gaia ontdek is,[6] en die Argus-assosiasie, wat met Gaie bevestig is.[7]

Bewegingsgroepe kan soms in nog kleiner groepe verdeel word. Die Groot Australe Jong Assosiasie- (GAJA)-kompeks is verdeel in die bewegingsgroepe Carina, Columba en Tucana-Horologium. Die drie assosiasies verskil nie baie van mekaar nie en het dieselfde kinematiese eienskappe.[8]

Jong bewegingsgroepe het bekende ouderdomme en kan help met die karakterisering van voorwerpe met ouderdomme wat moeilik is om te raam, soos bruindwerge.[9] Lede van nabygeleë jong bewegingsgroepe is ook kandidate vir regstreeks gefotografeerde protoplanetêre skywe en eksoplanete soos Beta Pictoris b.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. http://articles.adsabs.harvard.edu/pdf/1965gast.book..111E
  2. Eggen, O.J. (1965). "Moving groups of stars". In Blaauw, Adriaan & Schmidt, Maarten (reds.). Observational Aspects of Galactic Structure: Lecture notes reported by participants. Chicago: University of Chicago Press. p. 111. Bibcode:1965gast.book..111E.
  3. López-Santiago, J.; Montes, D.; Crespo-Chacón, I.; Fernández-Figueroa, M. J. (Junie 2006). "The Nearest Young Moving Groups". The Astrophysical Journal. 643 (2): 1160–1165. arXiv:astro-ph/0601573. Bibcode:2006ApJ...643.1160L. doi:10.1086/503183. S2CID 119520529.
  4. "BANYAN Σ". www.exoplanetes.umontreal.ca. Besoek op 15 November 2019.
  5. Gagné, Jonathan; Mamajek, Eric E.; Malo, Lison; Riedel, Adric; Rodriguez, David; Lafrenière, David; et al. (21 Maart 2018). "The BANYAN Σ multivariate Bayesian algorithm to identify members of young associations with 150 pc". The Astrophysical Journal. BANYAN XI (in Engels). 856 (1): 23. arXiv:1801.09051. Bibcode:2018ApJ...856...23G. doi:10.3847/1538-4357/aaae09. ISSN 0004-637X. S2CID 119185386.
  6. Gagné, Jonathan; Faherty, Jacqueline K.; Mamajek, Eric E. (1 Oktober 2018). "Volans-Carina: A new 90 Myr old stellar association at 85 pc". The Astrophysical Journal (in Engels). 865 (2): 136. arXiv:1808.04420. Bibcode:2018ApJ...865..136G. doi:10.3847/1538-4357/aadaed. ISSN 0004-637X. S2CID 119402144.
  7. Zuckerman, B. (31 Desember 2018). "The nearby, young, Argus association: Membership, age, and dusty debris disks". The Astrophysical Journal. 870 (1): 27. arXiv:1811.01508. doi:10.3847/1538-4357/aaee66. ISSN 1538-4357. S2CID 119452542.
  8. Torres, C.A.O.; Quast, G.R.; Melo, C.H.F.; Sterzik, M.F. (25 Augustus 2008). Young, nearby, loose associations. arXiv:0808.3362. Bibcode:2008hsf2.book..757T  in  Reipurth, Bo, red. (2008). Handbook of Star Forming Regions: Volume II, The Southern Sky. Monograph Publications (online). Volume 5. Astronomical Society of the Pacific. ISBN 978-1-58381-678-3, printed: ISBN 978-1-58381-671-4
  9. Allers, K.N.; Liu, Michael C. (9 Julie 2013). "A near-infrared spectroscopic study of young field ultra-cool dwarfs". The Astrophysical Journal (in Engels). 772 (2): 79. arXiv:1305.4418. Bibcode:2013ApJ...772...79A. doi:10.1088/0004-637X/772/2/79. ISSN 0004-637X. S2CID 59289573.