Gaan na inhoud

Annonay

Koördinate: 45°14′27″N 4°40′17″O / 45.24083°N 4.67139°O / 45.24083; 4.67139
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Annonay
Wapen van Annonay
Wapen
Annonay is in Frankryk
Annonay
Annonay
Koördinate: 45°14′27″N 4°40′17″O / 45.24083°N 4.67139°O / 45.24083; 4.67139
LandVlag van Frankryk Frankryk
GewesAuvergne-Rhône-Alpes
DépartementArdèche
ArrondissementTournon-sur-Rhône
KantonAnnonay-Nord en Annonay-Sud
Regering
 • BurgemeesterAntoinette Scherer
Oppervlak
 • Totaal21,20 km2 (8,19 vk. myl)
Hoogte
270–746 m (890–2 448 ft)
Bevolking
 • Totaal16 923
 • Digtheid798/km2 (2 070/vk. myl)
Poskode
07100
Skakelkodes07010
Webwerfmairie-annonay.fr

Annonay is 'n dorp en kommune in die noorde van die Ardèche département in Frankryk. Dit is die digs bevolkte kommune in Ardèche.

Geografie

[wysig | wysig bron]

Annonay is'n paar kilometer van die Rhône-rivier en 75 km ten suide van Lyon en 40 km vanaf Saint-Étienne geleë.

Annonay is gebou op die heuwel wat uitkyk op die diep klowe waar die Deûme- en die Cance-riviere saamvloei. Die water van hierdie riviere word gebruik om krag aan die dorp en sy fabrieke te verskaf. 'n Nabygeleë dam noord-wes vanaf die dorp wat oor die Ternay, 'n vertakking van die Deûme, gebou is, verskaf water vir nywerheids- en huishoudelike gebruik in die dorp.